Die 7de Seel, 7de Trompet en 7de plaag beskryf dieselfde gebeurtenis

Die Groot Geheim van Eskatologie – Studie van die Eindtyd : 

Daar is BAIE Eindtyd Prediker wat die Tydlyn van die Eindtyd graag wil uitle op hul eie insig . Theoloe , en Eskatologie Dr ‘s en Professors , maar hul doen dit sonder die Gees van Waarheid = Die Heilige Gees – Die Groot waarheid oor Eskatologie is dat die 7de Seel , die 7 de Trompet en die 7 de Plaag dieselfde gebeurtenis beskryf wat die Slag van Armageddon is .

7de Seal   Openb 8 v 1  En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.

8:5  En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

Stemme , Donderslae , weerligte en Aardbewing = Slag van Armageddon

7de Trompet Openb 11 v 19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Stemme , Donderslae , weerligte en Aardbewing en Groot Hael  = Slag van Armageddon

7de Plaag Openb 16 v 18-21  En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.

En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;

en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

Stemme , Donderslae , weerligte en Aardbewing en Groot Hael  = Slag van Armageddon

IN ANDER WOORDE

Die 7 Seels begin na die afsterwe , opstanding , hemelvaart van Jesus tot by die Slag van Armageddon

Die 7 Trompette Begin na die Oopmaak van die 5 de Seel – Christen verdrukking en eindig by die slag van Armageddon

Die 7 Plae begin by die Blaas van die 5de Trompet to by die Slag van Armageddon

Verstaan die Eindtyd saam met Pastoor Dirk  . www.endtimetruth.co.za

Audio Lering van Pastoor Dirk