Pastoor Dirk – Oordeel NEE , Teregwysing JA’ Oordeel eendag JA

Oordeel NEE , Teregwysing met skrif JA Oordeel eendag JA

Moenie Teregwys of Oordeel met sonde in jou eie lewe nie !

Mat 7:1 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
Mat 7:2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Mat 7:3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Mat 7:4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Mat 7:5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
Mat 7:6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Mat 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Mat 7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Mar 3:29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—

Joh 5:22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,

Joh 5:30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

Rom 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

1Co 4:5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Die Gees gevulde Kind van God Gaan Help met die Oordeel by die Wit troon Oordeel

Mat 19:28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.

Luk 22:30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Joh 7:24 Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel.

1Co 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 1Co 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Openb 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee;

Teregwys / ing

2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

(Pro 1:23) Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.

(Pro 1:25) en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie,

(Pro 10:17) ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.

(Pro 12:1) Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

(Pro 13:18) Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer.

(Pro 15:5) Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

(Pro 15:10) ‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.

(Pro 15:31) Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.

(Pro 15:32) Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

(Pro 27:5) Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.