Hemelvaart Nagmaal 18 Mei 2023

Sit net die Radio speler af aan die onderkant van die blad , as jy wil luister na die Audio

Die Opdragte van Jesus voor die Hemelvaart – Pastoor Dirk

Skrifte Gebruik in die Nagmaal – Waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle!

Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Mat 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Act 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Act 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Joh 3:1 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.
Joh 3:2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.
Joh 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Joh 3:4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Mat 26:20 En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel.
Mat 26:21 En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.
Mat 26:22 Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here?
Mat 26:23 Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.
Mat 26:24 Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie.
Mat 26:25 En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.
Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.
Mat 26:27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.
Mat 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Mat 26:29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Rom 8:12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

1Co 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
1Co 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
1Co 11:25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
1Co 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
1Co 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
1Co 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.
1Co 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
1Co 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
1Co 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.
1Co 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1Co 11:33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;
1Co 11:34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.

Heb 10:26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,
Heb 10:27 maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.
Heb 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;
Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?
Heb 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
Heb 10:31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
Joh 14:4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.