Geen bewys in die Bybel vir ‘n Voor die Verdukking wegraping nie!

Daar is Geen maar GEEN bewyse in die Bybel vir die Leuen wat jy so passie vol uit die Woord van die Here probeer verduidelik !  GEEN bewyse vir n Voor of Middel verdrukking wegraping nie !

Hier is die Bybel bewyse , dat die Bybel slegs ‘n Na die Verdrukking wegraping ondersteun !

Jesus se in sy eie woorde

Joh 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

Joh 14:2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Joh 14:3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Joh 14:4  En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

JESUS SE WEGRAPING VIND PLAAS NA SY WEDERKOMS!

Jesus se in SY eie woorde

Mat 24:29  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

Mat 24:30  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Mat 24:31  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Weet Jy wanneer die Son verduister word en die Maan nie sy Lig gee nie ? weet jy ?

Wel  : By die 4de en 5de Plaag van God se Wraak !

Rev 16:8  En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.

Rev 16:9  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Rev 16:10  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;

Paulus bevestig die WEGRAPING VIND PLAAS NA DIE WEDERKOMS

1Th 4:14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

1Th 4:15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

1Th 4:16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

1Th 4:17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Paulus bevestig ook die Wegraping vind plaas by die Laaste Trompet = die 7de Trompet , wat is die sewende Trompet ?  Die slag van Armageddon! NA die 666 merk van die Dier ingestel is / Na die GROOT verdrukking / Na die 6 Plae van die wraak van God / NA die wederkoms van Jesus

1Co 15:51  Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

1Co 15:52  in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

1Co 15:53  Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Jesus wys vir Johannes . Ons sal deur die Groot verdrukking Moet GAAN

Rev 7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Rev 7:13  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?

Rev 7:14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Jesus bevestig hiermee dat ons wegraping plaasvind na sy wederkom net voor die slag van Armaggedon

Rev 16:15  Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

Rev 16:16  En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.