Pastoor Dirk – Hoe Hanteer ons as Family die 666

Oggend Boodskap – Audio – 28 April 2020
Hoe Hanteer ons die 666 in Familie verband , Vriende Kring en in Samelewing

HAND 2:16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:
2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
2:18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
2:19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Mat 24:40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
Mat 24:41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

Psa 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psa 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psa 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psa 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psa 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psa 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psa 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psa 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psa 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psa 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psa 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psa 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psa 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psa 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psa 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.