Pastoor Dirk – Hoe praat God met my as ek nog nie Gees gevuld is nie

Oggend Boodskap 15 Jan 2020
Pastoor Dirk – Hoe praat God met my as ek nog nie Gees gevuld is nie

Die 2 Rigting gebed.

Ons is so geneig om net aan God versoeke en probleem op te dra in gebed, maar nooit gee ons Hom kans om met ons te praat nie. Hoe praat God met ons.

1. Deur jou gewete en gedagte , daai klein stemmetjie wat waarsku, dit is God wat praat.
2. Deur boodskappe, liedere en preke waarna jy luister.
3. Dan word wat iemand vir jou gee, maak net seker dit is van God af.
4. Dan natuurlik die direkte manier,wanneer die Heilige Gees in jou woon, God se Gees binne in jou , Direkte kommunikasie tussen God en jou.
5. God praat deur Sy word met jou (Die Bybel).

Hier is die metode vir ‘ Twee rigting gebed!

Nadat jy in jou stilte tyd met God of Jesus gepraat het, gee dan vir God en Jesus kans om met jou te praat.
In die Ou Testament was daar altyd iets wat die volk van God wou weet en Hul het dan die Hoe Priester genader om dit vir God te vra, die Here het aan Moses die plan gegee van die Bors tas wat Aaron en later die ander Hoe priesters gedra het. In die Bors tas was daar die 12 edelstene wat die 12 Stamme van Isreal voorgestel het maar wat die meeste kerke gemis het was daar twee artikels wat weerskante van die Bors tas gehang het met twee kettingjies. Aan die punte van die kettingjies was daar bokse wat ’n sekere steen gedra het. Die twee stene was genoem die Urim en die thummin.

Dit was gebruik om God se wil te bepaal. As die volk iets wou weet, het hul die vraag aan die Hoe Priester gevra en as die priester in God se teenwoordigheid was het hy dit weer aan God gevra, vrae soos veg ons teen die vyande of trek ons links of regs of verkies ons wie? God het dan nie Sy antwoord vir die Priester gegee nie. Maar een van die twee stene laat gloei . die een links of regs , links was nee en regs was ja, of bly of gaan.

Dit was dan hoe God met die volk gepraat het na die opneem van Moses na die Hemel. Vandag is die Urim en Thummin vervang met die Bybel. Die Urim en thummin was altyd deel van die Hoe Priester se kleed en ons lees hiervan in Exodus 28 v 30, en in verskeie ander verse in die Bybel waar dit gebruik is vir gesprek met God of om God se wil te vra! Lev. 8 v 8 , Deut. 33 v 8-10. 1 Sam. 14 v 41 , 1 Sam. 28 v6 en Esra 2 v 63. En later bevestig in Neh. 7 v 65.

Vandag doen ons dit in gebed. Soos die een model gebed wat Jesus ons geleer het . die Onse Vader. Matt. 6 v 9 se “ So moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
12 en vergeef ons, ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.

Amen.

Hoe bepaal ons God se wil in ons lewe, en hoe praat God met ons?
Kom ons bepaal dit saam
Maar alles moet gedoen word in God se reëls en regulasies.

1. Natuurlik word dit altyd in gebed gedoen, deur iemand wat volgens God se reëls en regulasies leef, Iemand wat ’n verhouding met die Drie eenheid het. Wat die vraag in gebed stel aan God of Jesus of die Heilige Gees! ’n persoon sonder sonde en met ’n rein hart. God sal dan dadelik antwoord. Sleutel woord . “Gebed in opregtheid”.

2. Doen niks totdat God antwoord nie, Sit en wag vir God se antwoord, Hier is lankmoedigheid die kern vrug. Die Sleutel woord. “Wag op die Here”

3. Glo dat God die regte antwoord sal gee. En as jy die antwoord het die opdrag van God uitvoer sonder om te twyfel. Sleutel woord. “Glo en Twyfel nie”

4. Aanvaar God se antwoord al is die antwoord NEE! As jy dit nie volg nie is pyn, lyding en verlies die order van die dag. Sleutel woord : “ Aanvaar God se antwoord”

5. As jy moet wag op die antwoord, moenie moedeloos raak nie. Jesus se in Lukas 18 v 1 . Bid sonder ophou. Sleutel woord.” Bid en hou aan bid tot die antwoord kom”

6. Moenie jou eie planne probeer maak, as jy reeds vir God gevra het om te antwoord nie, wag op die oplossing van die probleem. Moet ook nie iemand anders nader om saam met jou te bid nie. God is besig met jou versoek! Wag net op God. Sleutel woord “ Moet niemand anders nader nie”

7. As God antwoord, Moenie net hardloop met die antwoord nie. Dank God of Jesus vir elke antwoord! Sleutel woord. “Gaan terug en se dankie”

As jy die 7 riglyne gebruik sal die gebed en antwoord suksesvol wees!
Gebruik die lewende woord van God dat Hy daardeur met jou praat. Die woord van God is geïnspireer deur die Heilige Gees en elke woord is in die Skrywer van die Boeke geplaas deur die Heilige Gees. En dit is Hoekom dit as die woord van God bekend staan. Die woorde van God wat met jou kan praat. God antwoord deur Sy woord. Die Bybel vandag se Urim en Thummin!!!

As jy die vraag aan God rig gaan Hy antwoord met 3 skrif gedeeltes en elke gedeelte sal 7 verse bevat.

As jy Jesus vra . Gaan dit ook 3 skrif gedeeltes wees maar elke gedeelte net 3 verse. En so die Heilige Gees 9 Verse . In daai gedeelte sal jou antwoorde wees. Vrae direkte vrae, nie lang uitgerekte vrae nie. En een vraag per dag. Die volk van God mag net een vraag per jaar gevra het, want die Hoe Priester mag net een keer ’n jaar in God se teenwoordigheid ingegaan het. Dit is baie spesiaal en moet dit nie misbruik nie! Vra ook antwoorde soos Ja , nee , gaan , bly , links , regs ens , Maar soos jy ingeoefen word vra ook die Here om net met jou te praat as jy nie meer vrae het nie. Na jou vraag se jy vir God, Jesus of die Heilige Gees jy gaan nou die Bybel oopmaak en vra die Heilige Gees die outeur van die woord om jou hand te lei en daar waar jou vinger val en as jy dit daar oopmaak daar waar jou oog val , sal die antwoord wees. Jy gaan dit drie keer doen , vra Hul vir 3 Gedeeltes uit die Bybel as bevestiging van die vraag wat u vra of in die gesprek wat die Godheid met jou gaan hou.

Antwoord een : daar waar jy die Bybel oopmaak en jou oog op die Skrifgedeelte links of regs geval het, soos die Heilige Gees jou gelei het. Daar sal jou eerste antwoord wees. Skryf die verse gedeeltes neer in jou dagboek vir rekord plus die vraag wat jy aan God gevra het as verwysing later, of as getuienis.

NB: Neem jou eerste skrif gedeelte in die middel van die Bybel en dan die tweede in die voorste helfte van die Bybel (Die Ou Testament) en jou derde in die agterste helfte van die Bybel (die Nuwe Testament).

Antwoord 2 : Maak die Bybel toe en maak dit oop na gebed , vra weer dat die Heilige Gees jou hand moet lei en jou oog op die vers gedeelte plaas waar jou antwoord is. Die keer in die Ou Testament – voorste helfte van die Bybel. Hier is jou tweede antwoord of bevestiging of gesprek van God af.

Antwoord 3: maak die Bybel weer toe, herhaal gebed aan die Heilige Gees en maak dan oop in die Nuwe Testament gedeelte – die Agter helfte van die Bybel.

Al 3 die Skrifgedeeltes sal dieselfde antwoord he, of in dieselfde tema val of op mekaar volg. JA of Nee . Vat dit of Los dit , maak so of maak nie so nie. Gebruik die woord van God as jou Urim en thummin om die wil van God te bepaal of net dat Hy lekker met jou praat. Die is nie ’n nuwe metode nie. Onthou jul die ou dae se Koring Korrels kaartjies. En self Gideon het die metode gebruik vir ’n antwoord van God af, Die vliesie en die dou. Rigters 6.

Waarom 3 Skrifgedeeltes.

Die Duiwel ken ook die Bybel en hy kan die eerste vers Hi jack maar nie die tweede en derde nie. As die eerste vers nie saam met die ander twee in pas nie, vra die Here vir ’n 4de en finale vers.