Gebed vir Voorsiening

Vir Voorsiening.
Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.

Bid met oorgawe hardop saam met u Familie, Besigheid vennote of mede Direkteure!
Die Hemel stel aan u bekend.
Voorskrif gebed uit die Hemel
Die gebede is geïnspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos. “U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam”.
Alle behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing, voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme, vertroosting en self krag opbouing.
Die gebede dek alle aspekte van ’n Hemelse gebed.
1. Herkenning aan die Godheid.
2. Gee en ontvang van vergifnis.
3. Neem en maak van beloftes vanaf en aan die Vader.
4. Geloof bou, twyfel nie en ontvangs.
5. Lofprysing en aanbidding aan die Godheid.
6. Manifestasie van geloof.
7. Bevestiging van aanvaarding van die Wil van God.
8. Staan op die Bybel beloftes.
9. Gebruik van die Krag van die Hemel en die Kruis.
10. Bevestig en loof die Karakter en name van God die Almagtige.
11. Bevestig danksegging en getuienis.
12. Bring Teologie en Sielkunde bymekaar.
13. Die gebede is gesalf en geseën.
Die temas van die gebede is gebaseer op Jakobus 5 verse 13 tot 18
Twee van die gebede konsentreer op die liggaam en verstand.
Waar geloof manifestasie, die inname van vloeistof is soos water of sappe.
1. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir VOORSORG TEEN siektes en beserings.
Geneem in Hoop, met Geloof, in liefde vir die voorsorg teen enige siektes en beserings, God sal ons gesond hou en weghou van enige ernstige beserings.
2. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir Genesing.
Kan geneem of gegee word. Vir genesing van liggaam, verstand en gees. WORD GESOND
Vyf van die gebede kom saam met gebed kaarte wat geneem of gegee kan word as manifestasie van geloof.
3. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir BESKERMING teen Vrees en Intimidasie.
Die gebed kaarte word geneem in Hoop, met Geloof, in liefde en om jou geplaas, as ’n ring van beskerming. Dit bring totale vrede en kalmte.

4. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir BEVRYDING.
Die gebed kaarte word gegee in hoop, met geloof, in liefde en word om die gebed ontvang geplaas vir bevryding van binding of vloeke. Die antwoord: Bevryding word ontvang.

5. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir VRYHEID van probleme
Die gebed kaarte geneem in hoop, met geloof, in liefde en word om die dokumentasie wat die probleem verteenwoordig gepak. Vryheid van skuld, regs probleme, arbeid probleme ens. Die antwoord. Vryheid van die probleem.

6. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel, VOORSIENING van behoeftes.
Die gebed kaarte word geneem in hoop, met geloof, in liefde vir die voorsiening van al ons behoeftes, die kaarte word geplaas waar die behoefte is, in jou beursie vir finansies, in jou koskaste vir voorsiening van voedsel, ens.
Die antwoord : God voorsien in ons daaglikse behoeftes.

7. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel, vir VERTROOSTING. Die gebed kaarte is Bybel boek merke, waar die geskrifte gemerk is vir vertroosting. Die antwoord: God genees jou gebroke hart en vertroos deur die Heilige Gees.
Hierdie manifestasie aksies mag kinderagtig voorkom! Maar Jesus se in Markus 10 vers 15
“ Elkeen wat die Koningryk van God nie soos ’n kind ontvang nie, sal dit nooit ingaan nie.”
En ook in Matt. 19 verse 13 tot 15
“ Aan sulkes behoort die Koningryk van die Hemele.”
En ook in Matt. 6 vers 33
“ Soek eers die Koningryk van God en dan sal al hierdie dinge vir u bygevoeg word”
God en Jesus wil geloof sien, die manifestasie aksies bou geloof binne in jou, sielkundig!
Dan is daar nog net die
8. Die Krag Gebed uit die Hemel. Die gebed het geen aksies nie, maar kan met oortuiging gereeld gebid word wanneer krag, bemoediging en vertroosting nodig is. Die antwoord, Krag uit die Hemel.
9. Die Dankseggings gebed. Die gebed om net dankie te se as jy ontvang het. Maar nog meer kragtig as jy dit bid voor jy ontvang.
7 van die 9 gebede word geneem in hoop, met geloof, in liefde en 2 van die 9 gebede word gegee in hoop, met geloof, in liefde, volgens 1 Kor. 13 vers 13
“ Nou bly net hoop, geloof en liefde oor, maar die grootste hiervan die Liefde.”
Maak die gebede deel van jou daaglikse gebed lewe, hoe meer jy dit bid, hoe sterker sal jou geloof word!
5 van die 9 gebede kan gestaak word sodra God voorsien, bevry, beskerm, genees en vertroos het.
Maar maak die ander 4 deel van jou wapenrusting.
Voorsorg teen, Voorsien asb. die dank gebed en die Krag Gebed.
Let wel:
Die gebede moet nie jou normale gebed tyd van die verlede vervang nie. Jou persoonlike kommunikasie na die Hemel is baie belangrik, waar U somer lekker met Die Vader, Jesus en die Heilige Gees kan praat en ook kans gee dat Hul met jou praat. Natuurlik ’n twee rigting verkeer gebed! Gee kans dat God met jou praat. In my boek : “Ek het jou SO lief!” is daar ’n hoofstuk. Waarin bespreek word hoe God, Jesus en die Heilige Gees met jou praat. “ Hoe bepaal ek U Wil Heer?”
Natuurlik vereis die gebede roetine, uithou vermoë, geloof, geen twyfel en volharding in gebed.
Lukas 18 vers 1 “Bid sonder ophou”

Ken ook die telefoon nommer van die Hemel.
JEREMIA33.3
“Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie”.
Kom na die Hemel se OTM en kom en onttrek, jou of jou geliefde se voorsorg, genesing, bevryding, beskerming, voorsiening, jou vryheid van…, vertroosting en krag voorsiening.
Alles voorberei en verskaf aan jou van uit die Hemel!
Jesus, red, genees en Sy Bloed beskerm!
God is Groot en Goed. Altyd daar.
Die Heilige Gees stig, bemoedig en vertroos.
Waarskuwing:
Met hierdie tipe gebede “ Gebede met geweldige Krag” is daar altyd ’n tipe waarskuwing. En as ek u nie waarsku nie kan Satan, sy demone en sy volgeling u probeer afskrik en verhoed om die gebede aan te hou bid.
Daarom moet U gebed roetine he en uithou vermoë. Die koningryk van die duisternis sal alles in hulle mag probeer om jou te stop om die gebede te bid.
Om vir u twee voorbeelde te gee.
Die dag toe ek en my familie, die Voorskrif gebed van voorsorg teen siektes en besering begin bid, het ons dadelik siek geword met ’n verkoue en griep virus. (Dit was net Satan wat ons geloof wou toets of ons wou afskrik om voort te gaan met die kragtige gebed) maar ons het volhard in gebed, en die teenoor gestelde gedoen wat hy gedink het ons gaan doen, ons het oor beweeg na ’n meer kragtiger gebed. Die Voorskrif Gebed uit die Hemel vir Genesing.
Ons het die gebed elke 4 ure gebid, soos wat ons ’n dokter se voorskrif sou volg vir moderne medikasie. Na 12 ure het ons reeds begin beter voel en na 24 uur was ons genees van die simptome. En toe het ons weer terug gekeur na die Voorskrif Gebed vir voorsorg teen siektes en beserings.
Ook by die Voorskrif Gebed vir Bevryding.
Die gebed en die plaas van die gebed kaarte kan ’n aggressie en ongemaklikheid veroorsaak by die ontvanger van die gebed. Sodra die kaarte geplaas word in ’n bevryding ring om die persoon, gaan die demoon, of binding of self die vloek in gehok voel. Soos die kring voltooi word tydens die gebed , veral by die “ING” van BEVRYDING. Sal die binding of vloek manifesteer, maar u moenie skrik of geïntimideer word nie, gaan aan met die gebed en die plasing van die kaarte, ander persone kan saam met u bid, en sal natuurlik almal met olie gesalf word. Die olie simbolies van die Bloed van Jesus en die Krag van die Heilige Gees.
Die bloed van Jesus is die sterkste mag in die Heelal. Neem net u oorwinning in Jesus. Die vyand sal vlug!
Let wel. Die voorskrif gebede sal slegs effektief wees of resultate dra, wanneer:
1. Jy jou verhouding herbou het met die Drie-eenheid.
2. Gee en vra van vergifnis, gee van vergifnis aan almal wat teen jou gesondig het. En dit werklik bedoel!
3. Glo in die vermoë van die Drie-eenheid.
4. Glo die Bybel is die aktiewe woord van God.
5. Glo soos ’n kind as jy die aksies van die manifestasie doen.
6. Die Drie-eenheid bedank voor jy die vrugte van jou gebed sien.
7. Wys geloof, bevestig ontvangs.
8. Gebruik die Karakter en name van God in jou danksegging en lofprysing.
9. Maak dood seker, jy bly by jou beloftes aan die Vader. Bv. Ek sal getuig van U goedheid aan my!
10. Aanvaar die Wil van God in jou lewe.
11. Aanvaar die antwoord wat jy ontvang, al is dit Nee. Die
Heilige Gees sal vertroos!
12. Bid en moenie ophou nie! Bou gebed roetine.
Volg die voorskrifte, al klink dit kinderagtig.
a. Bid die gebed hardop by jouself of vir ’n ander wat die gebed benodig. As jy jou skaam vir God, gaan Hy Hom skaam vir jou! Dit bou ook getuienis aan ander.
b. Volg die opdragte na, al lyk dit of God nie vinnig genoeg antwoord nie. Ons tyd is nie God se tyd nie. Hy sal nie laat wees nie!
c. Bly nederig in gebed en moenie bang wees om emosie te wys nie. “Trane” is die Hemel taal.
d. Daar is wel woorde wat herhaal word, maar dit is daar om jou geloof te bou. Dit is daar om sielkundig jou op te bou. Dit bou geloof, en God en Jesus wil ’n mate van geloof sien.
e. Bid, glo en twyfel nie en ontvang. Die 4 bronne wat die gebede vorm. Bid dit daagliks, glo wat jy bid, twyfel nie in God, Jesus en die Heilige Gees se vermoë nie. En maak net jou hand oop, en ontvang.
Jesus bevestig in Matt. 6 vers 8
“ Jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom kan vra!”
Maar die kode woord. Vra! In gebed, met geloof, twyfel nie, en ontvang.
Die geheim van ’n effektiewe gebed lewe soos genoem deur Jesus. Matt. 7 verse 7 tot 11
– Vra in gebed en moenie opgee nie!
– En verwag ’n antwoord!
Nou hoef julle nie meer versigtig te wees vir die waarskuwing vanaf Jakobus in Jak 4 verse 2 en 3.
“Julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid!”
Jy Bid nou volgens voorskrif. Bid die gebede, Vra God en jul sal ontvang!
Bekommer jou oor niks – Bid oor alles!
Aangeheg vind asseblief u voorskrif gebed wat vir u geskryf, gesalf en geseën is. Druk die gebed en die Kaarte uit, knip die kaarte uit, lamineer dit en vou dit vir gebruik.
Die Godheid in die Hemel sal U die antwoord stuur.

Die Here seen U!
Stuur asb. u getuienis aan ons en vertel ons wat die Voorskrif Gebede vir u beteken het, per epos, faks of sms.
Na : voorskrifgebed@webmail.co.za
Faks. 086 218 4944
Sms. 072 844 2574
Sien jul by ons Hemel huis!
www.voorskrifgebede.webs.com

Aan: Diana Herbst – Diana’s Bulbinella & Hodia

 – Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Julle het nie want, julle bid nie,. En julle kry nie want julle bid verkeerd, is die waarskuwing van Jakobus.
Manifestasie van geloof is die sleutel woord. Die gebed kom saam met gebed kaarte van Seëninge gegee aan jou vanuit die Hemelse skatkamers/bank.
Gebruik dit soos volg: die behoefte waarvoor jy bid moet gevul word, dit beteken vul dan die plek waar die behoefte bestaan met die voorsiening krag uit die Hemel.
Bv. As daar ’n behoefte is vir finansies, plaas een of meer van die seëninge kaarte in jou beursie of tjekboek. As dit voedsel is, plaas een kaart in yskas/vrieskas en ander in kruideniers kaste.
Los die seëninge kaarte daar, tot wanneer die gebed weer gebid word, plaas dit weer maar op dieselfde plek totdat God voorsien.
Bid sonder ophou –Lukas 18 vers 1 – Jesus se opdrag.
Maak die seëninge los wat daar op jou naam lê, in die Hemel se skatkamers of bank. Die seëninge is on-uit-put-baar.
Natuurlik, danksegging by ontvangs. En nog meer kragtig, danksegging voor ontvangs, dit wys geloof!

“Ek se net dankie, dankie aan die Here!”.

Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!
VOORSKRIF GEBED VIR VOORSIENING

Bid die gebed daagliks hard op saam met jou Familie, Besigheid vennote of mede Direkteure. Die gebed mag afgelees word. Maak die gebed deel van u daaglikse geestelike voorbereiding. Manifesteer die aksies”Ons plaas dit” deur om die gebed kaarte een vir een in die Bybel of in u tjekboek te plaas of waar die behoefte gevul moet word. Die baie kragtige gebed sal net ’n paar minute neem.
Die Gebed.
Here. Ons kom na U Hemelse Skat kamers in die wonderlike en voorsienende naam van Jesus Christus U seun. Ons bevestig ons geloof in U wat in alles voorsien. Volgens Mattheus 6 vers 8 bevestig dit dat U en ons Vader weet wat ons behoeftes is nog voordat ons dit van Hom kan vra of bid. Ons bevestig ook ons geloof in Jesus se verlossings krag, en in die vertroosting en Leierskap krag van U Heilige Gees.
Here, ons bevestig dat ons, ons skuldenaars vergewe het, en vra ook U vir vergifnis vir ons sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Is U woord lewe vir die wat dit vind”
En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”Is Droogte en Skade onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”
Met die bevestiging neem ons U voorskrif gebed, gegee deur U, vir volle voorsiening van al ons behoeftes.

# Here ons neem. – V – Psalm 24 vers 5
Here. U is ons Herder, U sal voorsien in al ons behoeftes!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie Vader.
# Here ons neem. – O – Genesis 27 vers 7
Here, U gee alle seëninge en U voorsien in alle behoeftes!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie Here.
# Here ons neem. – O – Jesaja 66 vers 11
Die Heilige Gees sal al ons seëninge en oorvloed bevestig!
Ons plaas dit, ons ondervind dit, ons glo dit, Dankie Jesus.
# Here ons neem. – R – Jesaja 65 vers 11
Here, U gee ’n stort reën van seëninge, U maak ons paaie gelyk!
Ons plaas dit, ons sien dit, ons glo dit, Dankie Here.
# Here ons neem. – S – Psalm 66 vers 12
Here, U sal ons neem na oorvloed, en ons sal in oorvloed ontvang!
Ons plaas dit, ons ontvang dit, ons glo dit, Dankie Jesus.
# Here ons neem. – I –1 Korinthiers 3 verse 5 tot 9
Here, ons plant en gee water, maar U laat die saad van Geloof groei!
Ons plaas dit, ons gee water, ons glo dit, Dankie vir die groei, Here.

# Here ons neem. – E – Psalm 69 verse 1 tot 36
Here, U is ons beskutting in tye van nood en tekort!
Ons plaas dit, ons ondervind dit, ons glo dit, Dankie Here.
# Here ons neem. – N – Romeine 8 verse 31 tot 39
Here, Met U aan ons kant, sal ons oorwin!
Ons plaas dit, ons weet dit, ons glo dit, Dankie vir die oorwinning, Heer.
# Here ons neem. – A – Deuternomium 28 verse 1 tot 14
Geseënd sal ons wees en oorvloedig ontvang!
Ons plaas dit, ons twyfel nie, ons glo dit, Dankie Jesus.
# Here ons neem. – S – 2 Korinthiers 4 verse 17 en 18
Ons tekorte is net tydelik, sal binnekort verander in seëninge!
Ons plaas dit, ons wag op U, ons glo dit, Dankie Here.
# Here ons neem. – B – Psalm 138 verse 1 tot 8
U het ons gebed verhoor en ons wag dan op U heerlikheid!
Ons plaas dit, ons wag dan, ons glo dit, Dankie Here.
Here VOORSIEN ASB aan ons in die volheid van U rykdom!
U maak die Skatkamers van die Hemel oop op die regte tyd, Here ons wag dan op U tyd. ons weet die antwoord is reeds op pad!
Here, stort U seëninge oor ons uit, vergroot ons grondgebied, wees met ons in alles wat ons doen en neem ons onder U beskerming en weer hou enige onheil van ons, sodat geen smarte ons sal tref nie. Hoor asseblief ons nederige gebed aan U.

Here, ons breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor ons lewe!
ons breek elke vloek oor ons! ons bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!
ons bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed! Dit het geen meer mag oor ons nie!
Here gee ons vandag net ons daaglikse brood, en bou in ons, geen bekommernis oor niks, maar laat ons na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!
Here, ons prys U vir U almag en U oorwinnings, ons loof U vir U krag en U Majesteit.
Here U is “Jehovah Shammah ” Die God, met ons.
Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, ons Vrede.
Here U is“ Jehovah Jireh” Die God, Die een wat voorsien.
Here dankie dat U ons droogte verander in vloede van seëninge uit U Hemelse skatkamers, en ons binding verander in Vrede. Dankie vir U liefde, U is ons drie-enige Godheid uit die Hemel wat voorsien, ons sal aan ander getuig van U seëninge wat U uit goedheid gee. Laat U wil geskied in ons lewe. ons bid dit nie uit verdienste of uit gewoonte nie, maar net deur U genade alleen, Dankie Heer.
Amen en Amen
Op konsultasie vanaf die Hemelse Skat kamers, vanaf God die Vader, Jesus die seun en die Heilige Gees. Die gebed is geskryf en gesalf vir Diana Herbst – Diana’s Bulbinella & Hodia
Aangeheg vind Gebed voorsiening kaarte.

Die Krag Gebed
Here ek kom na U, in die Wonderlike en genesende naam van Jesus Christus U Seun.
Vergewe asseblief al my sondes, net soos ek ook my sondaars vergewe het.
Here, stort U seëninge oor my uit!
Vergroot my grondgebied!
Neem my en my familie onder U beskerming!
Wees met ons in alles wat ons doen!
Hou ons weg van enige onheil!
Sodat geen smarte ons sal tref nie!
Here, ek breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor my lewe!
Ek breek elke familie vloek oor ons!
Ek bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!
Ek bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!
Dit het geen meer mag oor ons nie!
Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen bekommernis oor niks, maar laat ek na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!
Ek aanbid U naam, want U IS! “Jehovah Nissi” Die God, my Beskermheer! U IS! “Jehovah Shammah” Die God, met my! U IS! “Jehovah Rafha” Die God, my Geneesheer!
Ek sal getuig aan ander, van U seëninge aan my! Ek dank U my drie enige Godheid.
Amen en Amen

DIE GEBED VIR DANKSEGGING.

Bid die gebed hardop vir die Drie eenheid, as dank betuiging, vir die voorsorg, genesing, bevryding, beskerming, vertroosting, voorsiening en krag voorsiening wat u ontvang het vanaf die Voorskrif gebede uit die Hemel.
Betuig u dank, uit u hart uit.
Die Gebed.
Here ek kom om na U spreuk kamers en stoor kamers. In die liefdevolle en wonderlike naam van Jesus Christus U seun.
Ek kom vandag met hande, nee, arms vol blomme van danksegging.
Vader U is die skepper van die Heelal, die alom teenwoordige, die al wetende, al siedende God. Die ewige Vader, die Heerser van die Hemel en Aarde, Almagtige God. U is liefde, U is die wind en ook die wind stilte, die Groot Oorwinnaar, die Vrede Vors. U is die God wat vir ewig sal regeer, die Here wat Sy oog oor my hou.
Jesus, U is my verlosser, die Prins van Vrede. U Bloed is die sterkste mag in die Heelal, U is die Alpha en die Omega, die begin en die einde. U is die Lam van God sonder gebrek, die Brood van die lewe uit die Hemel, die Blink Morester. U is die goeie en getroue Herder, die ewig lewende Priester, Die Leeu van Juda. U is my magtige Heer, die seun van ’n lewende God, my Meester, die ware lig, wonderbare Raadsman.
Heilige Gees, U is die sagte Gees, die Gees van waarheid, U bring die Gees van Krag en Genade. U is en was nog altyd, die Gees van die Lewe, Die Gees wat lewe gee.
Dankie vir U voorsorg, U genesing, U beskerming, U oorvloed van seëninge, U vertroosting, U vryheid wat ek ontvang het, U oplossings en die Krag voorsiening uit U mag.

Here dankie dat U my vandag geseën het met daaglikse brood, en dankie dat U in my gebou het, geen bekommernis oor niks, maar nou weet ek kan na U kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!
Ontvang my lofprysing en my danksegging uit my hart.
# Here ek gee. – D – Dank betuiging.
Ek wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyd deur in my mond wees.
Psalm 34 vers 2
# Here ek gee. – A – Aan U al die eer!
Here, U is my God, By U wil ek skuil.
Psalm 7 vers 2
# Here ek gee. – N – Niemand anders soos U!
Here, U is my Beskermheer, U is die regverdige!
Psalm 7 verse 10 & 11
# Here ek gee. – K – Koning van Konings!
Here, ek wil U loof, met my hele hart, van U wonders vertel.
Psalm 9 vers 2
# Here ek gee. – S – Sal by U bly, Heer!
Here, U heers vir ewig, U is die regverdige Regter.
Psalm 9 vers 8

# Here ek gee. – E – Ewig dankbaar aan U!
By U skuil ek, onder U vlerk sal ek bly!
Psalm 11 vers 1
# Here ek gee. – G – Gesange vir U sing!
Here, ek sing ’n lied net vir U, Die woorde net vir U.
Psalm 18 vers 1
# Here ek gee. – G – Gedigte vir U dig!
U is my Lig en my heil, die enigste toevlug oord.
Psalm 27 vers 1
# Here ek gee. – I– In U goedheid, wil ek woon!
Here, U is my Rots, my plek van veiligheid.
Psalm 28 vers 1
# Here ek gee. – N – Net U kan, o Heer!
My siel getuig net van U, en met my hart dank ek U.
Psalm 35 verse 9 en 10
# Here ek gee. – G – Gegee in U volheid
Here, ek het lank gewag vir U antwoord, U het neergebuig, U het my geroep gehoor.
Psalm 40 vers 1

Here, dankie dat U my droogtes verander het in vloede van seëninge. My skade in ontginbare skatte uit U skatkamers.
Heilige Gees dankie vir U leierskap en vertroosting krag. Dankie dat U na my lewe omsien.
Here dankie dat U seëninge oor my uit stort, dankie dat U my grondgebied vergroot het, dankie dat ek onder U beskerming leef en dankie dat U by my is in alles wat ek doen, dankie dat U enige onheil van my weghou, sodat geen smarte my tref nie. Here dankie dat U my nederig gebed verhoor.
Here, ek prys U naam vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag en U Majesteit.
Here U is “Yahweh Nissi ” Die Beskermheer!
Here U is “Yahweh Rapha” Die Groot Geneesheer!
Here U is “Yahweh Shammah” Die Here, daar, hier en oral!
Here U is “Yahweh Shalom” Die Here van Vrede!
Here U is “Yahweh Rah” Die goeie Herder!
Al die eer en lofprysing aan die Koning van my lewe.
Heilig, Heilig, Heilig, is die Here, Almagtig, die Een wat was, wat is en nog gaan kom.
Amen en Amen

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question