Pastoor Dirk – Word Heilig want Ek is Heilig

Oggend Boodskap 27 Jan 2020
Pastoor Dirk – Word Heilig want Ek is Heilig

1Pe 1:13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
1Pe 1:14 Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.
1Pe 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
1Pe 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
1Pe 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;
1Pe 1:18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,
1Pe 1:19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

Hoe kry ek my Onderbewussyn Heilig ! Daar is bewys as ons vir 21 dae lank die onderbewussyn voer met Heilige Material ! Sal die onderbewussyn die ander onheilige material dump ! En dan bly jy hom of haar voer met Heilige skoon material ! So hier kom die uitdaaging ! Wie gaan saam met my op n 29 dag onderbewussyn VAS ! Ons ontrek van TV ! Behalwe om die TV te gebruik om net Geestelike Material te kyk ! Ons ontrek van Social Media behalwe om te evangeliseer ! Ons voer ons onderbewussyn met Goeie Heilige Inligting ! Lees glad nie meer nuus in koerante en skakel tydskrifte uit ! Ons begin amptelik 1 Febr tot 29 Febr 2020! Dan vat ons dit van daar af ? Gaan jy my join ???

Luister asb na verdere Openbaring oor die – want dit blokkeer die Hervulling en Dooping van die Heilige Gees

Where does the Holy Spirit Live in my Body?