Pastoor Dirk – Die Antichrist se Begin en Einde

https://trulightradioxm.org.za/teachings/jared-kushner-working-towards-the-gog-and-magog-war/
https://trulightradioxm.org.za/doctrines-of-demons/christians-in-america-be-aware-of-donald-trump-and-his-administration/

2Th 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
2Th 2:4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
2Th 2:5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
2Th 2:6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

Dan 12:10 Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Dan 12:11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop.
Dan 12:12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
Dan 12:13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

Mat 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—
Mat 24:16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;
Mat 24:17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;
Mat 24:18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.
Mat 24:19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.
Mat 24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.
Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Dan 9:26 En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.
Dan 9:27 En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.