Hoe Ontvang ek Heilige Gees Doping?

Die Heilige Gees Doping is Kardinaal vir die Kind van God . Sonder die Doping in Water en Heilige Gees sal ons NIE die Koningkryk van God kan binnegaan nie . Joh 3 v 5-6 , So ook bevestig Paulus dat sonder die Heilige Gees Doping nie een van ons Weggeraap sal word by die Wederkoms van Jesus as jy nie Gedoop is met die Doping van die Heilige Gees nie . Rom 8 v 11-14

Wat is die Stappe na die Doping van die Heilige Gees? – Ook STAP 9 van die Stappe na die Hemel !! Volg die stappe op die webwerf !!

Hoe vind die Doping van die Heilige Gees PLAAS agter die skerms ? Lees asb my Boek , Gratis aan u . Nie net ‘n Gees nie !!

Wanneer daar Wedergeboorte plaas gevind het en Jy het gegaan vir die Doping in Water (onderdompeling) dan is die Volgende Groot Stap die Doping van die Heilige Gees .

Wat is die Vereistes vir Doping van die Heilige Gees ?

  1. Wedergeboorte – Gedoop in die Bloed van Jesus
  2. Water Doop – Gedoop in die Water
  3. Heiligmaking – Die Heilige Gees sal nie van Sy Kosbare Olie binne in jou instort voor jy nie ten volle sonde vry is nie !! Dit sluit ook onvergewensgesindheid .
  4. GEEN VREES – Die Heilige Gees staan dadelik terug as Hy onvergewensgesindheid . Sonde en vrees raak sien in jou gees en siel !!

Hoe Maak ek dan om met die Heilige Gees gevul te word ?

1 . Volg die Stappe na die Hemel volledig 1-8 – soos per die webwerf hierbo = Steps2Heaven

2. Maak seker jy het ALMAL vergewe in jou lewe en by die wat jy kon vergifnis ontvang het ,

3. Gebruik die Nagmaal en ook beleidenis gebed voor jy die Heilige Gees doping wil Ontvang.

4. Vas en Gebed is noodsaaklik om jou Liggaam swak te kry en jou gees sterk om met die Heilige Gees te Konnekteur !

5. Gaan in Privaatheid , Alleen in jou Kar by n stil Veilige Plek of in jou Huis as jy alleen is . Speel Lofprysings Musiek en sing in volle bors saam . Gee oor aan God en Kom in kontak met God in sontane Lofprysing en Aanbidding uit jou HART UIT . vergeet van alles en almal om jou . Probeer met jou gees God se aanraking te ontvang !!

6. En Vra dan met soveel Passie , vir die Doping van die Heilige Gees !! Moenie mismoedig raak wanneer dit nie plaasvind nie . Daar is dalk nog iets in die Pad . soos Vrees of Nog nie iemand vergewe nie of n seker sonde nog nie reggestel nie . Vra dan vir die Heilige Gees om dit aan jou uittewys vir die Doping op n volgende keer !

7. Die Spreuk in onbekende Taal wat met soveel Liefde , Blydskap en Vrede uit jou mond borrel is die teken van Heilige Gees Doping . waarom se ek jy moet alleen wees tydens doping , sodat geen mens die proses kan benadeel vir jou nie . met al die valsheid in die Kerk van vandag , kan ons nie toelaat dat iemand ons “help” met die Doping van die Heilige Gees nie !! Dit is elk geval ‘n gebeurtenis tussen Jou en God !!

Sing saam met die Musiek wat ons vooraf vir jou voorberei het !! Leer die woorde , maar meer begin self die Here loof en Prys in jou eie woorde tydens die Musiek , sit dit maar Hard aan !! Moet dit net nie forseer nie !! Die Heilige Gees sal jou op SY tyd doop op SY terme

Die Doping van die Heilige Gees is n gebeurtenis wat JY NOOIT SAL VERGEET NIE , seker die grootste Godlike Gbeurtenis in jou lewe . en jy sal weet “DAT JY WEET” jy is gedoop met die Heilige Gees . Jy mag dalk onbewus wees wat om jou aangaan vir ‘n onbepaalde tyd , dit mag vir jou voel of jy uitgepaas het (Bewusteloos was) . maar jy sal by kom met TALE wat uit jou mond borrel , wat jy nie kan stop nie , en jou gemoed oorweldig met Godlike Liefde , Borrelende Blydskap , en Kalm Vrede in jou Hart . Lees gerus die eBoek hierbo , om uit te vind wat met jou gebeur het in die Fantastiese Gebeurtenis genoem – die Doping van die Heilige Gees .

Die Musiek