2024 Jaar van Eindtyd Gebed

2024 . Wat genoem word die jaar van die Wereld Orde – Jeremia sê: “skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.” In die Good news vertaling lees die vers: “We have been through disaster and ruin; we live in danger and fear.” (Klaagliedere 3:47)

In die laaste paar dae, wanneer mense die toekoms beskou het ek dikwels die woorde “Ek’s bevrees” of “Ek is bang” gehoor. Soos Jeremia (wat ek hierbo aangehaal het) is mense bang vir die toekoms, bevrees vir dit mag kom. Terwyl talle hul vrees uitspreek is daar diegene met min hoop wat sê: “Ons sal maar wag en sien.”

En oorkant hierdie tafel gedek met vrees, desperaatheid, bitterheid, depressie en angstigheid staan die Here. Hy sê: “Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? — dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het? (Jesaja 51:12-13) Hy sê ook: “Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” (Mattheus 10:28)

Laat ek probeer om hierdie vrees vir God te verduidelik. Die vrees van die Here is nie dieselfde as om bang te wees nie. Die vrees van die Here behels uiterste respek vir God, eerbied vir God, die aanvaarding van Sy plan en/of wil en volle vertroue wanneer alles misluk. In Markus 5:36 sê Jesus: “Moenie bang wees nie, glo net.” Die teenoorgestelde van vrees (bang wees) is geloof in God.

2024 kan uitdagend wees, met baie probleme en struikelblokke. Maar vandag wil ek sê dat God op wie ons hoop en vertrou sal ons deurdra. Hy sal redding bied vir die verlorene, voorsiening bring vir die behoeftige, beskerming gee aan diegene wat bedreig word, genesing aan die sieke gee en troos bid vir diegene wat treur.

Die Woord sê:

“Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie,” (Handelinge 18:10)
“Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies!” (Mattheus 10:31)
“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.” (Jesaje 41:10)
” Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (Psalm 32:8)

Maak nie saak wat 2024 inhou nie, kom laat ons nie angstig raak nie, maar kom ons vertrou op die Here om ons te lei, te leer en te versorg. Ja, selfs al sou daar struikelblokke of hindernisse kom, God sal ons daardeur neem as ons net op Hom, Jesus ons Verlosser, vertrou.

Kom Ons maak 2024 die Jaar van GEBED !!

Ek het die Here gevra: “Waar begin ek? Wat is die eerste ding wat ek moet doen as ons daardie jaar, die jaar van 2024, binnegaan?” En die Here het deur Sy Woord geantwoord: “Die eerste ding wat Ek wil hê jy moet doen, is om te bid. Bid op elke manier wat jy weet hoe.” (1 Timoteus 2:1 – Boodskapvertaling) Nadat ek ‘n gebed gedoen het, het ek gevra: “Wat nou?” Weereens het die Here gepraat en gesê: “Bid sonder ophou.” (1 Tessalonisense 5:17) “Hoe?” Ek het gevra. “Bid in die Gees in elke situasie.” (Efesiërs 6:18 – God se Woord vertaling)

En ek het geantwoord: “Ja Here, ek sal bid!”

Vandag wil ek jou aanmoedig om dieselfde te doen. Kom ons begin hierdie jaar bid en gaan voort in 2024 om dieselfde te doen, want die Here van die leërskare wat by ons is, sal ons verhoor wanneer ons bid.

Onthou, die eerste ding wat Hy van ons wil hê, is om te bid vir die doeltreffende vurige gebed van ‘n regverdige wat baie baat. (Jakobus 5:16)

In 2014 Gee die Here my ‘n Boek om te skryf . Eindtyd Voorskrif Gebede . die Boek beskikbaar in ebook alleenlik bestaan van 9 Eindtyd Voorskrif gebede vir elke probleen wat ons mag ondervind in die Toekoms , 2024 die Jaar van die Gebed by TruLight kan magtig wees as ons almal die Gebede bid , dit is ook beskikbaar op die webwerf aangebied deur TruLight Ministries

Laai ook die Gebeds boek af op die skakels . In Afrikaans

https://www.thegospeltruth.net.za/eboeke-in-afrikaans/

and English

https://www.thegospeltruth.net.za/prescription-prayers-from-heaven/