Die Dankie Gebed

Die Dankseggings gebed.

Gee in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid die gebed hardop vir die Drie eenheid, as dank betuiging,
vir die voorsorg, genesing, bevryding, beskerming,
vertroosting, voorsiening en krag voorsiening wat u ontvang
het vanaf die Voorskrif gebede uit die Hemel.

Betuig u dank, uit u hart uit.

DIE GEBED

Here ek kom om na U spreek kamers en stoor kamers. In die
liefdevolle en wonderlike naam van Jesus Christus U seun.
Ek kom vandag met hande, nee, arms vol blomme van
danksegging.

Vader U is die skepper van die Heelal, die alom teenwoordige,
die al wetende, al siedende God. Die ewige Vader, die Heerser
van die Hemel en Aarde, Almagtige God. U is liefde, U is die wind
en ook die wind stilte, die Groot Oorwinnaar, die Vrede Vors. U
is die God wat vir ewig sal regeer, die Here wat Sy oog oor my
hou.

Jesus, U is my verlosser, die Prins van Vrede. U Bloed is die
sterkste mag in die Heelal, U is die Alfa en die Omega, die begin
en die einde. U is die Lam van God sonder gebrek, die Brood van
die lewe uit die Hemel, die Blink Morester. U is die goeie en
getroue Herder, die ewig lewende Priester, Die Leeu van Juda. U
is my magtige Heer, die seun van ’n lewende God, my Meester,
die ware lig, wonderbare Raadsman.

Heilige Gees, U is die sagte Gees, die Gees van waarheid, U bring
die Gees van Krag en Genade. U is en was nog altyd, die Gees van
die Lewe, Die Gees wat lewe gee.

Dankie vir U voorsorg, U genesing, U beskerming, U oorvloed
van seëninge, U vertroosting, U vryheid wat ek ontvang het, U
oplossings en die Krag voorsiening uit U mag.

Here dankie dat U my vandag geseën het met daaglikse brood, en
dankie dat U in my gebou het, geen bekommernis oor niks,
maar nou weet ek kan na U kom in gebed met geloof en Bid oor
Alles!

Ontvang my lofprysing en my danksegging uit my hart.

# Here ek gee. – D – Dank betuiging.
Ek wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyd deur in my
mond wees.
Psalm 34 vers 2

# Here ek gee. – A – Aan U al die eer!
Here, U is my God, By U wil ek skuil.
Psalm 7 vers 2

# Here ek gee. – N – Niemand anders soos U!
Here, U is my Beskermheer, U is die regverdige!
Psalm 7 verse 10 & 11

# Here ek gee. – K – Koning van Konings!
Here, ek wil U loof, met my hele hart, van U wonders
vertel.
Psalm 9 vers 2

# Here ek gee. – S – Sal by U bly, Heer!
Here, U heers vir ewig, U is die regverdige Regter.
Psalm 9 vers 8

# Here ek gee. – E – Ewig dankbaar aan U!
By U skuil ek, onder U vlerk sal ek bly!
Psalm 11 vers 1

# Here ek gee. – G – Gesange vir U sing!
Here, ek sing ’n lied net vir U, Die woorde net vir U.
Psalm 18 vers 1

# Here ek gee. – G – Gedigte vir U dig!
U is my Lig en my heil, die enigste toevlug oord.
Psalm 27 vers 1

# Here ek gee. – I– In U goedheid, wil ek woon!
Here, U is my Rots, my plek van veiligheid.
Psalm 28 vers 1

# Here ek gee. – N – Net U kan, o Heer!
My siel getuig net van U, en met my hart dank ek U.
Psalm 35 verse 9 en 10

# Here ek gee. – G – Gegee in U volheid
Here, ek het lank gewag vir U antwoord, U het
neergebuig, U het my geroep gehoor.
Psalm 40 vers 1

Here, dankie dat U my droogtes verander het in vloede van
seëninge. My skade in ontginbare skatte uit U skatkamers.
Heilige Gees dankie vir U leierskap en vertroosting krag. Dankie
dat U na my lewe omsien.

Here dankie dat U seëninge oor my uit stort, dankie dat U my
grondgebied vergroot het, dankie dat ek onder U beskerming leef
en dankie dat U by my is in alles wat ek doen, dankie dat U enige
onheil van my weghou, sodat geen smarte my tref nie. Here
dankie dat U my nederig gebed verhoor.

Here, ek prys U naam vir U almag en U oorwinnings, ek loof U
vir U krag en U Majesteit.

Here U is “Yahweh Nissi ” Die Beskermheer!

Here U is “Yahweh Rapha” Die Groot Geneesheer!

Here U is “Yahweh Shammah” Die Here, daar, hier en oral!

Here U is “Yahweh Shalom” Die Here van Vrede!

Here U is “Yahweh Rah” Die goeie Herder!

Al die eer en lofprysing aan die Koning van my lewe.
Heilig, Heilig, Heilig, is die Here, Almagtig, die Een wat was, wat
is en nog gaan kom.

Amen en Amen

Gebed Geskryf deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question