Die Koordinate van die Wegraping!

Die Wegraping, seker die mees gedebateerde Onderwerp van ons tyd onder alle Christen Groepe. Waarom dan : want ons almal sien die tekens van die tye waarvan Jesus en die Bybel al 2000 jaar plus waarsku , vind nou plaas om ons, en vir party oningeligte Christene is dit ‘n tydperk van Vrees en Valse Hoop weens doktrienes van demone wat die kerk ingesluip het oor die 1800s . Boeke en rolprente is daaroor gemaak en weens mense se bedienings maksig het hul van die valse leerstellings begin glo om hul vrees vir die “Groot Verdrukking” so verdwyn . die Geloof van die Voor en middel verdrukking wegraping is gebore .

Met die studie artiekel gaan ek die onsekerheid oor die onderwerp uit die weg ruim net met gebruik van bybel verse uit die Afr 33/53 vertalings.

Die Wegraping na Jesus se wederkoms vind Plaas, Tussen die Olyf Berg en Valley van Megiddo – Israel

Die Koordinate van die Wegraping is = 31.779222 N, 35.244965 E
– Oos van die Olyf berg

Jesus se eie woorde :
Openb 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

Na die 6 de Plaag van God se Wraak tydens die Groot verdrukkings Tydperk Gaan al die Nasies almal op aarde wat die 6de Trompet Oorlog oorleef het vanaf die Euprates River optrek na die Valley van Megiddo, nadat die Laaste besoedelde water opgedroog het . nadat die Son ontplof het tydens die 4de Plaag van God se Wraak oor die draers van die Merk van die Dier in totale Duisternis.

Alle Draers van die Merk van die Dier van reg oor die Wereld gaan in die Valley Oos van Jerusalem versamel vir die Groot geveg teen God weens die 7 Plae teen die mensdom genoem die Slag van Armageddon .

Openb 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
16:13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
16:14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.

Jesus bevestig dit ook in

Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking (Wraak van God) van daardie dae sal die son verduister word (4de Plaag), en die maan sal sy glans nie gee nie (5de Plaag), en die sterre sal van die hemel val (7de Plaag) , en die kragte van die hemele sal geskud word (Slag van Armageddon).
24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn (Wederkoms), en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid (7de Trompet , Laaste Basyn) , en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan ( Vir die Wegraping na die Olyf Berg).

Paulus Bevestig die Wederkoms en die Wegraping

1Th 4:13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.
4:14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.
4:15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God (7de trompet ); en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.(Wegraping)

Tweede Bevestiging deur Paulus

1Co 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin (7 de Trompet); want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Na die Wegraping sit Jesus sy voet Neer op die Olyf Berg en die Rotasie stop van die Aarde vanaf 1690 km per uur na ZERO in een sekonde

Sag 14:4 En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.

Wat Gebeur op Aarde na die Wegraping ?

Jesus kom by die Oop maak van die 6de Seel

Openb 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
6:13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
6:14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
6:17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan staan?

Die Gedeelte Beskryf ook die 7de Trompet = die Slag van Armageddon, die 7de Seel = die Slag van Armageddon en die 7de Plaag van God se Wraak = die Slag van Armageddon

Openb 8:5 En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.

Openb 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Openb 16:17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
16:18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
16:19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
16:20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
16:21 en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

Openb 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

Slot som

Na die Joodse Messiah wat 1290 dae na die eerste diere offers in die 3rd Temple op Temple Berg in Jerusalem gebring is , verander sy geestelike titel van Joodse Messiah na die Antichrist en Stop die daaglikse offers en noem homself GOD .
Daniel 12 v 11-12 , Matt 24 v 15- 22 2 Thess 2 v 3-5

En hier begin die Groot verdrukkings tydperk van 1 335 dae voor die wederkoms van Jesus
Daniel 12 v 12 , Vir een jaar lank probeer die Antichrist en sy magte om die Jode en Christenne te merk met die Merk van die Dier 666 in hul voorkoppe
Johannes bevestig die Tyd van een Jaar in Openb 12 v 12 en 14

Na die een Jaar Joodse en Christen verdrukking, net voor die blaas die 5de Trompet , ‘n Super Volkaan wat omplof (Ring of Fire en Yellowstone) om die Engele van die Hemel en Merk al die Jode en Christenne met die Seel van God vir beskerming teen die wraak van God in hul voorkoppe , Openb 9 v 4 (Christenne) en Openb 7 v 3 -4 (144 000 Jode)

Die 5de Trompet blaas (Open 9 ) en die Wraak van God begin (Openb 16 ) Die gemerk met die Seel van God gaan in Engel beskerming in (Ps 91) en die Res wat gemerk is met die merk van die Dier gaan in die wraak van God tydperk in vir 2 en ‘n Half Jaar (Openb 16).

Eerste . Tweede en Derde Plaag van God vind plaas en die 6de Trompet oorlog na dit , waar die Wereld veg vir die Laaste Kos, water en Olie op aarde. Die Tydperk = 2 Jaar lank

6 Maande voor die Wederkoms van Jesus , ontplof die son , Brand almal en alles en daarna toetale duisternis op Aarde ( van daardie dae sal die son verduister word , en die maan sal sy glans nie gee nie ),= 4de en 5de Plaag van God se wraak – Openb 9 v 13 – 21 en Openb 16 v 8 – 14

Dan op ‘n Donker Aarde en Heelal verskyn ‘n briljante lig , Die wederkoms van Jesus , die wegraping en die Slag van Armageddon soos in die begin van die artiekel beskryf is.

Die wat die seel van die Here in hul voorkoppe het sal gehaal word reg om die aarde waar hul in Engel beskerming was en geneem word na die wederkoms van Jesus net voor hy sy voet op die Olyfberg plaas en die Aarde onbewoonbaar verniel.

Waarom ontmoet ons Hom in die Lug ? want as jy op aarde bly staan gaan die Aarde onder jou voete uitgeruk word soos ‘n groot mat as die rotasie van die aarde stop.

Jes 45:23 Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.

Rom 14:11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

Fil 2:10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question