Opstandings Oggend Nagmaal 31 Maart 2024 om 8uur

As die Radio speel , sit dit af heel onder aan die Bladsy . Radio Player .

Skrifgedeeltes

Joh 13:27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

1Co 11:23 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
1Co 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.
1Co 11:25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.
1Co 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
1Co 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
1Co 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.
1Co 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
1Co 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
1Co 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.
1Co 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
1Co 11:33 Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;
1Co 11:34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom.

Joh 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Joh 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Rom 8:12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;