Vrees – die Rede vir Covid 19 besmeting en Sterftes

Vrees is ’n noodsaaklike oorlewingsmeganisme wat ons voorsate uit die kloue van wilde diere gehou het. Nuwe uitdagings wat vrees inboesem, leer jou deursettingsvermoë en dapperheid – albei eienskappe wat ons nodig het om voluit te leef.
Tog kan vrees soms soos ’n wegholveldbrand voortstu en jou rasionele denke heeltemal uitwis. Dalk is dit iets soos ’n onskuldige reënspinnekop wat jou die stuipe gee, of daardie oomblik wanneer jou mond so droog soos die Kalahari word as jy ’n paar woorde voor mense moet sê. Die onrealistiese vrese vat kortpad verby jou gesonde verstand en jy voel nie in beheer van die situasie nie.


Dit gebeur ook dat ’n realistiese vrees handuit ruk. Dis aanvaarbaar om senuweeagtig te voel wanneer ’n vliegtuig deur onweerswolke bokspring, maar as jy nie jou kind se troue op ’n ander vasteland kan bywoon nie omdat jy bang is vir vlieg, perk dit jou lewe in. Nou deesdae – Vrees vir ‘n Virus – DRAAI jouself in Bubblewrap toe maar hou net OP MET VREES , want VREES Gaan jou siek maak , Van Vrees KAN JY STERF ! Jou liggaam is nie ontwerp om voortdurend in ’n veg-of-vlug-toestand te wees nie, en dit kan op die lange duur gesondheidsprobleme veroorsaak.

Die streshormoon kortisol onderdruk ’n mens se immuunstelsel en verswak ook die senuweepaaie in die brein wat dit moeilik maak om nuwe geheue oor jou vrees te skep – dit spring telkens terug na die herinnering waar die vrees ontstaan het.
In ’n vreessituasie onderdruk die liggaam ook roetine-onderhoud waar kankerselle vernietig word en infeksies afgeweer word.
Dr. Lissa Rankin skryf in haar boek The Fear Cure dat sowat 80% van die pasiënte wat haar by die Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming spreek, se simptome deur spanning veroorsaak word.

As jy daarby angstig is, is jy meer bewus van hoe jy voel en simptome kan erger word omdat jy heeltyd daarop fokus. As jou immuunstelsel pal onderdruk word, word jy makliker siek.
Spysverteringskanaalprobleme soos maagpyn, hartkloppings en kortasemheid kan simptome van vrees wees. is DIT ook nie van die simptome van Covid 19 en sy Delta Allergie boetie nie ?

Die Bybel praat van twee spesifieke soorte vrees. Die eerste tipe is heilsaam en is bemoedigend. Die tweede tipe is nadelig en moet oorkom word. Tipe een is vrees van die Here. Dit beteken nie om noodwendig bang te wees vir iets nie. Dit is eerder eerbiedige ontsag vir God; ‘n eerbied vir Sy almag en glorie. Tog is dit ‘n behoorlike respek vir Sy wraak en woede. Met ander woorde, die vrees van die Here is ‘n algehele erkenning van alles wat God is en dit kom deur Hom te ken, asook Sy eienskappe.

Vrees van die Here bring baie seëninge en voordele mee. Dit is die begin van wysheid en lei tot goeie begrip (Ps 111:10). Slegs dwase verwerp wysheid en dissipline (Spreuke 1:7). Hierdie vrees lei ook tot lewe, rus, vrede en tevredenheid (Spreuke 19:23). Dit is die fontein van lewe (Spreuke 14:27) en dit voorsien sekuriteit en ‘n plek van veiligheid vir ons (Spreuke 14:26).

Dus kan ons sien hoe die vrees van God aangemoedig moet word. Die tweede tipe vrees is egter glad nie voordelig nie. Dit is die “Spirit of fear” wat ons lafhartig maak in 2 Tim 1:7, “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing”. ‘n Gees wat bang en lafhartig is, kom nie van God af nie.

Dit is egter so dat ons soms bang voel en dat hierdie “spirit of fear” ons oorweldig. Om dit te oorkom, moet ons vertrou op God en Hom liefhê met ons hele wese. “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” (1 Joh 4:18). Niemand is volmaak nie en God weet dit. Dit is waarom Hy vryelik bemoediging teenoor vrees, regdeur die Bybel aanspreek. Vanaf Genesis en dwarsdeur Openbaring herinner God ons om nie te vrees nie.

Jes 41:10 bemoedig ons, “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red Ek jou”. Dikwels vrees ons die toekoms en wat van ons sal word. Jesus herinner ons dat God vir die voëls van die lug sorg en hoeveel te meer sal Hy vir ons omgee, Sy kinders? Matt 10:31, “Moet dan nie bang wees nie. Julle is baie meer werd as baie mossies”. Net hierdie paar verse praat van baie verskillende tipes vrees. God sê dat ons nie moet bang wees om alleen of te swak te wees of om nie gehoor te word nie of om fisiese benodigdhede kort te kom nie. Hierdie vermanings kom regdeur die Bybel voor en dek die baie verskillende aspekte van die “spirit of fear”.

In Ps 56:12 skryf die Psalmis, “In God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen?” Dit is ‘n wonderbaarlike getuienis oor die krag van vertroue op God. Ongeag van wat gebeur, sal die Psalmis op God vertrou, omdat hy die krag van God ken en verstaan. Die sleutel om vrees te oorkom, is dan totale en algehele vertroue op God. Om op God te vertrou, is ‘n weiering om in te gee vir vrees. Dit is om jou na God toe te wend in die donkerste tye en hom te vertrou om dinge reg te maak. Hierdie vertroue kom deur God te ken en te weet dat Hy goed is. Soos Job gesê het, toe hy van die moeilikste beproewings wat in die Bybel genoem word, deurgemaak het, “Though He slay me, yet will I trust in Him” (Job 13:15, NKJV). Hierdie Engelse vertaling stel dit baie duidelik.

As ons eers geleer het om ons vertroue op God te stel, sal ons nie langer bang wees vir dinge wat op ons pad kom nie. Ons sal soos die Psalmis wees wat met sekerheid gesê het, “Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat U Naam liefhet, en hulle juig oor U (Ps 5:12).

“WAAROM IS JULLE SO BANG?”

In Markus 4 lees ons dat Jesus en sy disipels die skare verlaat het in ‘n skuit. Jesus het agter in die skuit geslaap toe ‘n groot stormwind opgekom het en die golwe in die skuit geslaan het, sodat dit al vol wou word. Hulle het Jesus wakker gemaak en vir Hom gesê: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” Jesus het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: “Swyg, wees stil!” En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?”

Waarom is ons so bang? In tye van storms, waarom is ons so bang? Waarom is ons so bang vir die Corona Covid 19 virus wat soos ‘n veldbrand versprei? Waarom is ons so bang vir die dreigende wêreldwye resessie? Waarom is ons so bang vir die dag van mȏre en wat dit gaan bring?

Waarom is ons so bang? Of soos die God’s Word translation sê: “Why are you such cowards?” Die antwoord is heel waarskynlik dat ons geloof kortkom. Jesus vra immers in Markus 4:40: “Hoe het julle dan geen geloof nie?”

Dikwels lees ons, hoor ons of sê ons: “As jy glo sal jy ontvang” of “As jy geloof het, kan jy vra net wat jy wil en dit verkry.” Maar dikwels bou ons, ons geloof rondom dit wat ons vrees. Ons glo dat God genees want ons is bang vir kanker of om te sterf. Ons glo dat God sal voorsien want ons is bang om bankrot te speel. Ons glo in God se beskerming want ons is bang vir misdaad. Ons glo dat God wysheid gee want ons is bang vir mislukking. Ons glo dat ons nie afbetaal sal word nie want ons is bang vir werkloosheid.

Maar geloof mag nie,mag nooit die reaksie wees op ons innerlikke stryd, ons kommer of ons vrese nie. Geloof moet altyd op God gerig wees, op wie God is en wat God in ons wil openbaar.

So waarom kom ons geloof kort? Ons lees in Genesis 17:1 “Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees” Die Engels lees: “When Abram was ninety-nine years old, the LORD appeared to him and said, “I am the Almighty God. Obey me and always do what is right.” Ons geloof ontbreek omrede ons God nie ken of beleef nie want ons ken nie God se Woord nie. God sê steeds “Ek is God, die Almagtige” Ons behoort God te ken en die enigste manier om God te leer ken is deur Sy Woord te ken of te bestudeer. Wanneer ons die Woord bestudeer, groei geloof in ons totdat alle vrees wyk en net geloof oorbly.

Maar ons geloof word ook bedreig omrede ons nie God se Woord gehoorsaam nie. In die Engelse vertaling is dit duidelik dat Abram die regte dinge gedoen het en met God gewandel het. Ongelukkig leef talle van ons nie ‘n Goddelikke lewe, doen ons nie God se wil nie of leef ons nie soos Hy van ons verlang nie. Ons sondige lewens of sondige leefwyse veroorsaak dat ons skaam-skaam voor God staan terwyl die vyand ons al te graag aan ons onwaardigheid en sonde herrinner. Om ware geloof te herstel moet ons, ons sonde bely, terug draai na God en en sondige weë agterlaat. (Sien 2 Kronieke 7:14)

Kom ons bid dan tot God om ons geloof te herstel. Kom ons draai tot Hom en laat Hom toe om die verhouding re te stel. Dan sal ons kan glo in God, deur Jesus Christus en die inwerking van God se Heilige Gees.

JESUS VRA JOU VANOGGEND : Waarom is jy so bang? Hoe het jy dan geen geloof nie?

Die Bloed van Jesus beskerm jou teen Vrees – wees verseker ! Bid die Eindtyd Gebed gegee deur die Hemel ,Plaas die ring van beskermings verse om jou as jou vrees kronies is –

Prayer against Fear and Intimidation

Die Voorskrif Gebed teen Vrees