Stel jou geloof op die proef!

Stel jou geloof op die proef! of dit word namens jou gedoen! – deur. Past. D. Flemix.

Ek persoonlik dink dat ’n mens eers geloof vind wanneer dit swaar gegaan het in jou lewe! GELOOF kan nie gebou word in die goeie tye van jou lewe nie! As dit mos goed gaan met jou is daar mos geen nodigheid om jou volle vertroue op God te plaas nie?

Selfs in my eie lewe het ek dit ondervind, dat geloof gebou word in die swaar – stil – droë – winter tye van my lewe! “Eksamen tyd” soos ek dit noem! Dit is wanneer jy die saadjie van geloof moet saai en bly water gee, en besef dat God en Jesus die saad sal laat groei.

Soos u reeds weet vereis Jesus en God die vader geloof van die mens! En sodra hul slegs ’n klein hoeveelheid geloof vind , vind die wonderwerk gewoonlik plaas. Jesus soek geloof so klein soos ’n mosterd saad en Hy wil sien jy plant dit in vrugbare grond gee dit gereeld water en dan sal Hy dit laat ontkiem en die groei proses aanjaag en monitor.

Daar moet eers ontkieming plaas vind, die perfekte saadjie moet oop bars en daaruit sal ’n groen stingeltjie uitkom wat later blare sal dra en soos jy dit bly water gee sal dit groei in ’n baie kragtige geloof boom.

Die afsterwe van die saad moet eers plaas vind, daar moet eers seer wees om die saad te laat ontkiem. Sonder enige swaar, probleme, nood of verdrukking kan die saad van geloof nie ontkiem nie.
Daar moet vog en hitte wees vir die saad om te ontkiem! Vog = trane hitte = moeilikheid en verdrukking.

Ja God sal die sonlig gee! Daar sal tye wees – waar dit met jou goed gaan! En natuurlik hoop ons almal dat daar net sonskyn in ons lewens is! Ja maar daar moet ook dae van koue, reën en donderstorms wees!

1 Kor 3:5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

Geloof in voorsiening kan eers plaasvind wanneer daar ’n tekort is!
Geloof in genesing kan eers daar wees wanneer daar beserings en siektes is!
Geloof in bevryding kan eers plaasvind wanneer daar binding en vloeke daar is!
Geloof in Vryheid van Probleme eers wanneer daar probleme bestaan!

Daar moet eers ’n storm wees voor ons besef ons benodig ’n skuilplek!
Geloof , hoop , gebed en liefde is die enigste dinge wat ons deur enige probleem sal kry! Natuurlik besef die moderne kerk nie dat die verdrukking reeds begin het nie, as u die nuus berigte dophou, sal u besef ons Christenskap word bedreig en binnekort is ons ook die verdrukte en vervolgde kerk van God.

Ek glo dit is wanneer die ware kerk van God ten voorskyn sal kom! Ons sal dan eers werklik op God begin vertrou (Ten volle vertrou) wanneer ons Godsdiens vryheid weggeneem word! Wanneer die Wêreld magte oor jou staan met ’n inspuiting in die hand! Met die 666 merk van die bees daarin! En jou verplig om dit te neem! En as ons weier om dit te neem ons regte as mens van ons ontneem gaan word!

As jy dit nie neem nie! Gaan jou werk van jou geneem word! Jou inkomste van jou weggeneem word! Jy sal nie jou geld in die bank kan trek nie! Jy sal nie enige skuldenaars soos Huis, kar of meubel paaiement kan betaal nie!jy sal al die luukshede waaraan jy gewoond is verloor! Jy sal nie kan koop of verkoop nie –geen handeldryf toepas nie! Of enige basies benodighede kan koop nie! Jou mediese regte sal jou ontneem word!

Soos u kan sien is daar dan geen ander uitweg vir ons, behalwe twee – neem die merk of neem dit nie!

En as jy op daai stadium nie klaar ’n boom van geloof het nie! Gaan jy dit nie maak nie!

As dit gebeur – skielik moet jy begin plant en water gee en sonlig dae kry – wat daar nie gaan wees nie! Net reën op reën op ree – hartseer, trane, verdriet, behoeftes, siekte, pyn en honger is die orde van elke dag!

My vraag aan jou!

Dink jy , jy gaan dit maak?
Dink jy, jy sal dit kan hanteer?
Dit is hoekom ons vroeg tuidig moet begin bou op geloof en van ons luukshede ontslae raak en selfs skuld vry moet word!
Ons moet begin plant en water gee terwyl die sonlig dae nog daar is vir die groei van die mosterd saad geloof!

Ons as Christene moet nou al begin leer om op God ten volle te kan vertrou vir al ons behoeftes! Want die einde tyd verdrukking is op ons! Geloof bou is ’n lang proses! En as jy nie nou al begin plant en bou nie – gaan jy nie tyd he vir dit wanneer die probleem daar is nie!

My raad aan jou vandag !
is begin vandag al om geloof te bou en leer ook u kinders om te begin vertrou op God vir al hul behoeftes.

Jou vraag is nou aan my!
Waar begin ek?
Hoe begin ek?
Verskeie antwoorde kom in my gedagtes op! En die oplossings is reeds aan my deur gegee uit die Hemel se krisis kantore!

Die eerste vlak van die verdrukking –
gaan binnekort geimplimenteer word in Suid Afrika- dit is reeds in Amerika geimplimenteer. Die Obamacare Microchip – “Med and welfare chip” soos dit gedoop is. Jou mediese en welsyn regte sal jou ontneem word deur die staat en jy sal verplig om deel te he aan die staat medies – en as jy nie die chip wil neem nie – eenvoudig geen mediese hulp – geen medikasie – geen hospitale ens.

Moenie bekommerd wees nie – die Hemel het reeds voorsien!
In die vorm van Voorskrif gebede uit die Hemel se Mediese Spreek kamers!
Die Here het in 2013 vir my 9 Voorskrif gebede gegee juis vir die Bou van geloof en die Tye wat volg – die verdrukking – Maar ons moet nou al begin bid hieraan om die Geloof saad te plant – dit water te gee – en sodoende gesond te bly en vry van enige besering deur middel van beskerming: want as jy siek is wanneer dit gaan gebeur – sal jy verplig wees om die merk van die bees te neem die “Medchip” om sodoende medikasie en mediese sorg te ontvang.

Twee gebede is deur gegee uit die Hemel! Vir die rede:

1. Die Voorskrif gebed uit die Hemel vir voorsorg teen siektes en beserings: want ook baie eenvoudig – as ons gesond bly en geen beserings ondergaan nie – het ons nie medikasie en mediese hulp nodig nie!
Exodus. 23 v 25 en 26.
En Julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Daar sal geen mis dragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.

2. Die Voorskrif gebed uit die Hemel vir genesing! As ons siek word – Liggaamlik, verstandelik of geestelik is die Hemelse geneeshere daar om jou te genees! – want geen mediese hulp of medikasie gaan beskikbaar wees sonder die merk van die bees nie.
Hebr.4 v 12.

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Die Here is Yahweh Rafha – Die God die Groot Geneesheer!

Ons moet nou al begin om die Voorsorg gebed deel te maak van ons daaglikse gebede sodat ons mediese fonds of uitgawe vry kan word om die gelde wat ons tans daaraan bestee te gebruik om skuld vry te word!

Die Groot geneesheer span was nog altyd beskikbaar, maar ons het geleer om op Moderne medikasie en mediese hulp te vertrou! Die God wat kanker kan genees kan ook jou kopseer weg neem – maar ons hardloop liewer eers na Grandpa of Panado! Ons sal vinnig moet begin leer om op God te vertrou om ons gesond te hou ten eerstens en tweedens ons gesond te maak!

As jy tans op kroniese medikasie is en jou geloof is nog te swak om net op te hou daarmee, Bid nog steeds die gebed en raak stelsel matig van die kroniese medikasie ontslae – as jy Bid, Glo en nie twyfel nie sal jy jou genesing ontvang! “Gewaarborg”

Matt. 21 v 21-22
Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.

En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
Ons moet vinnig besef God is jou skepper – daar is niemand anders wat jou liggaam , gees en verstand beter ken as Hy nie! Hy het dit ontwerp en geskape!

Maar al wat Hy wil sien is “Geloof in Hom!” dan doen DIE SKEPPER wonderwerke!

Ek persoonlik het al groot wonderwerke met my eie oe gesien!
Die Tweede vlak van die verdrukking!

Finansiële druk! Sodat jy meer en meer skuld moet maak! En dan die skulde met groot rente moet terug betaal! Salarisse en lone gaan slegs met enkel syfer persentasies op – maar die inflasie met dubbel syfers.
Ons maandelikse inkomste bly dieselfde – maar die uitgawes word daagliks meer en meer! Ons verarm stelselmatig!

Klink dit bekend? Ons betaal skuld met skuld!
Betaal die een krediet kaart met ’n ander – ons leen geld om skuld te rekonsilieer.

Alle bates word deur banke en finansieel instansies besit. Die huis, die karre, die meubels ens.

Ons as Christene sal vinnig moet wakker word! Want as jy op die trant aangaan en die verdrukking begin – gaan jy oornag al die bates en sekuriteite verloor as jy nie die Merk van die bees neem nie!
Weer, moenie bekommerd wees nie – Die Hemel het reeds beplan hiervoor!
Maar weer eens word jou geloof op die proef gestel! Twee gebede is uit die Hemel skatkamers aan ons gegee om die probleme op te los.

1. Die Voorskrif gebed uit die Hemel vir Voorsiening van behoeftes.
Vertrou God vir jou daaglikse behoeftes!
Psalm 66 v 11-12
maar U het ons uitgelei in die oorvloed.

2. Die Voorskrif gebed uit die Hemel vir Vryheid van Probleme.
Vryheid oor Debiteure en Krediteure – Skuld ooreenkomste ens.
2 Kor. 4 v 17-18
Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;
omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Ja jy kan nou al begin hiermee! Daar moet ’n mate van besparing plaasvind, sodat jy skuld vry kan word! Begin God vertrou om te voorsien in jou daaglikse behoeftes sodat jy die gelde kan gebruik om skuld vry te word!
Nou kan die gelde wat jy normaal weg gespandeer het op mediese onkoste en daaglikse behoeftes gebruik om jou skulde te betaal!
As jy glo en God vertrou sal Hy Sy hele skatkamers en personeel tot jou beskikking stel en plaas! Hy sal jou bystaan op alle vlakke. Maar dit gaan twee dinge van jou vereis! 1. Geloof en 2. Gebed uithouvermoë .

Die derde vlak van die verdrukking!

Emosionele verdrukking, vrees en intimidasie, pyn en lyding, binding en vloeke. Satan en sy volgelinge en ook die demone van die duisternis raak persoonlik betrokke by die tipe verdrukking. Satan laat die wêreld magte konsentreer op vlak 1 en 2. Maar vlak 3 van die verdrukking neem hy persoonlik waar!

Sy voorliefde is om die Kinders van God te bind met sonde, skuldgevoelens, onvergewensgesindheid, vrees, intimidasie, hartseer en lyding.
Maar weer Goeie nuus uit die Hemel!

Hier het God die Vader, Jesus Sy seun en die Heilige Gees ook persoonlik betrokke geraak in die geveg!

Die Goeie nuus uit die Hemel – Nie minder as 4 Gebede aan ons gegee nie – 3 Voorskrif gebede en dan die Krag gebed.
Voorskrif Gebed nr. 1. Voorskrif gebed vir bevryding van binding en vloeke.
Sonde wat ons bind! Vloeke vanaf Satan en sy volgelinge veroorsaak in ons lewens.

Voorskrif gebed nr. 2. Die gebed vir beskerming teen vrees en intimidasie.
Net dit wat dit se!

Voorskrif gebed nr.3. Die gebed vir vertroosting.
Vir verlies en pyn. Verlies van geliefdes wat ons aan die dood moet afstaan, of selfs vir verwerping, verlies van bates en luukshede. As jy verloor in jou lewe weens die verdrukking. God maak gesond en gee volkome vrede!

Die Krag gebed.

Die gebed is aan ons gegee as opkikker vir dag en nag. Wanneer die prins van die duisternis ons aanval in alle aspekte van ons lewens, ’n oorwinnings gebed wat boude skop! Satan se boude, sy volgelinge se boude, sy demone se boude! En jou geestelik, liggaamlik en verstandelik bou en boot!
Ons het die voordeel ontvang, ek glo nie ander lande waar verdrukking reeds inwerking is het die tipe hulp van die Hemel ontvang nie! Nie waarvan ek weet nie! Ons het dit ontvang om in gereedheid te kom vir die tye wat binnekort volg.

God, Jesus en die Heilige Gees het jou geweldig lief- want jy is een van min in SA wat die inligting nou het!

Kom ons bewys weer ons liefde aan Hul – 1 Kor. 13 v 13.
En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Ons hoop vir die beste, bid en glo God vir alles, en dra die liefde uit aan ons naaste.

Maar die grootste hiervan Die liefde.
Ons gaan later gesels oor

die 4de Vlak van verdrukking – Godsdiens vryheid WORD ons ontneem!

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question