Pastoor Dirk – As hul uitroep Vrede en Veiligheid

1Th 5:3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
1Th 5:4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
1Th 5:5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
1Th 5:6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
1Th 5:7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.
1Th 5:8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
1Th 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
1Th 5:10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.
1Th 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.