Pastoor Dirk – Saai in Gesonde Grond sodat jy eendag kan Oes in die Groot verdrukking

Oggend Boodskap – Audio – 6 April 2020
Saai in Gesonde Grond sodat jy eendag kan Oes in die Groot verdrukking

Skrif uit die Woord

Afrikaans 1933/1953

SPREUKE 3:9-10 Vereer dieHere uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

MATTHÉÜS 6:1-2 PAS op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sêvir julle, hulle het hul loon weg.

MATTHÉÜS 6:32-33 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

HEBREËRS 13:5-6 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ’n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ’n mens aan my doen?

Lees die Hele Mat. 6. Ps.23 , Ps. 34

Wet v Saai & Oes werk vir alles… kyk ook eerste paar verse van Ps.41
PSALMS 41:2-3 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; dieHere sal hom red in die dag van onheil. DieHere sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkiggemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.