Pastoor Dirk – Bou Jou muur van Geloof

Die Bou van Jou Geloofs muur

Fondasie

Rom 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

Rom 5:2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

Vrede in Korrekte Wedergeboorte

Die Eerste Vlak van Muur

Rom 3:27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.

Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

Wedergeboorte sonder werke en die wet – net met Geloof

Die Tweede Vlak van die Muur

Rom 10:15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Rom 10:16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?

Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Geloof Bou deur die Bybel te Lees , Na leringe , preke ens te Luister

Die Derde vlak van die Muur

Jas 2:21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

Jas 2:22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

Jas 2:23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

Geloof Bou deur om Manifistasie van Geloof toe te Pas .

Die Vierde vlak van die Muur

Eph 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

Eph 4:5 een Here, een geloof een doop,

Die Doop in water wys Geloof in een Liggaam , een Gees , een Here !

Eph 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.

Eph 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Eph 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Eph 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

Eph 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

Eph 6:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.

Eph 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

Die Wapen rusting van God aantetrek in geloof – Reg om jouself te verdedig met geloof

Die Vyfde vlak van die Geloofs muur

1Co 12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

1Co 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

1Co 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

1Co 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

By die doping van die Heilige Gees kan jy dalk die bonus vlak ontvang van die gawe van geloof . nie almal ontvang dit nie

Die 6de vlak van die geloofs muur

Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Dissipleskap Geloof na die doping van die Heilige Gees