Pastoor Dirk – Vas en Gebed

Oggend Boodskap 14 Jan 2020
Pastoor Dirk – Vas en Gebed

Jesus se Opdrag

Mat 6:16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Mat 6:17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
Mat 6:18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

Ou Testamentiese Vas

Mat 9:14 Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?
Mat 9:15 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.

Hoof Rede vir Nuwe Testament VAS en gebed

Mat 17:21 Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.

Geestelike gebeurtenisse tydens Vas

Engele kan aan jou verskuin

Act 10:30 En Cornelius sê: Vier dae gelede was ek besig om te vas tot op hierdie uur, en die negende uur het ek in my huis gebid,
Act 10:31 en meteens staan daar ‘n man voor my in ‘n blink kleed en sê: Cornelius, jou gebed is verhoor en jou aalmoese is voor God in herinnering gebring.

Heilige Gees doping en gesprek mag plaas vind

Act 13:2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

Jy kan jou bedening ontvang

Act 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.

God kan of kannie deurbraak stuur

Act 27:33 En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.

Vas en gebed kan gebruik word om vlees te bind

1Co 7:5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.