Gelofte Dag – Gelofte aan watter god?

In die Artiekel gaan ek aan u bewys dat die gelofte van Bloedrivier nie ‘n Kind van God gelofte was nie en dat die Voortrekkers nie Christenne was nie maar Vryemesselaars uit Nederland , ook met bewys uit Vryemesselaars geskrifte dat die wat die gelofte eerbiedig en heilig dit doen as afgode diens, met bewyse dat die Voortrekker Monument ‘n songod temple is en self die twee Anglo boere oorlog binne gevegte was van twee lande se Vryemesselaars faksies.

16 Desember – Gelofte dag vir die Afrikaner

Op 16 Desember 1838 is 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 plus Zoeloes, georganiseer in verskeie ‘impi’s’, by Bloedrivier aangeval. In die daaropvolgende oorwinning is net een Voortrekker lig beseer – hul leier, Andries Pretorius. Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks ‘n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ‘n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning sal aan God gegee word. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier, en die dag as (oorspronklik) ‘Dingaansdag’ (genoem na die koning van die Zoeloes).

‘n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria.

n 1994 het die eerste ANC-regering die dag met Versoeningsdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrense te bevorder. Party Afrikaners vier egter steeds Geloftedag in die gees van die Gelofte. Daarteenoor onthou swartmense die dag eerder as die dag waarop uMkhonto we Sizwe sy eerste aanvalle in 1961 uitgevoer het.

Op 15 Desember 1838 het die Voortrekkers inligting verkry dat ‘n groot Zoeloemag op pad was. Pretorius het ‘n uiters goeie gevegsterrein langs die Bloedrivier (toe die Ncomerivier) gekies, waar die ossewaens in ‘n laer getrek is. Ten spyte van mis wat die aand oor die omgewing neergedaal het, was dit die volgende oggend helder. Voor die slag begin het, het die Voortrekkers ‘n gelofte voor god afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle ‘n Tempel sal bou en die dag herdenk en hulle kinders van God sal vertel.( Christenne bou nie Tempels nie Maar Kerke )

Die Zoeloes het die laer herhaaldelik onsuksesvol aangeval totdat Pretorius ná twee uur ‘n groep perderuiters beveel het om die laer te verlaat en die Zoeloes aan te val. In die struweling het Pretorius ook ‘n assegaaiwond aan sy linkerhand opgedoen.

Ten spyte van die feit dat die Voortrekkers vuurwapens teen die Zoeloes se assegaaie gebruik het en ‘n goeie ligging gehad het, het hulle steeds’ geglo dat hulle nie sonder god se hulp sou kon oorleef nie. Die Britse weermag het met duisende opgeleide soldate met selfs beter vuurwapens teen die Zoeloes geveg en die meeste Britse soldate het in die geveg omgekom. Uiteindelik is slegs drie Voortrekkers gewond en geen dood nie; dít teenoor Meer as 3 000 Zoeloekrygers wat gesterf het.

Die Gebed van Sarel Cilliers.

“dat hy aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden),—“om zoo de Heere ons
de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem
zal behagen”— en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te
kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve
bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag
worden.”

Die Gelofte soos deur Sarel Cilliers weergegee, vertaal Na Afrikaans:

“Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde, om ‘n Gelofte aan Hom te doen, sodat as Hy met Sy beskerming met ons sal wees en ons vyand in ons hand sal gee, sal ons die dag en datum elke jaar as ‘n Dankdag, deurbring en ons ‘n Tempel tot Sy eer sal stig , waar dit Hom sou behaag; dat ons ook aan ons kinders sal oordra om met ons hierin te deel tot gedagtenis aan ons nageslagte.

Dan sal die Eer van Sy Naam daardeur verheerlik word sodat die roem en eer van oorwinning aan Hom gegee sal word.

Wel 95 % van die Voortrekkers was Vryemesselaars en die gebed van Sarel Cilliers was ‘n Vryemesselaars gebed en nie ‘n Gebed van ‘n Christen nie .

Neem Jan van Riebeeck se gebed in ag

Jan van Riebeeck se gebed (1652)

Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in watter mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, Amen

Volgens Sarel Celliers se gebed op Gelofte Dag. Word daar geen verwysing genoem Aan God die Vader. Seun Jesus Christus of die Heilige Gees nie. En as jy in benoudheid bid gaan jy seker die Belangrike name Bid in jou gebed.

Sarel Cilliers se gebed as ‘n vryemesselaars se gebed aan die songod van die Vryemesselaars , in sy gebed het hy ‘n gelofte gemaak on ‘n Temple te Bou vir sy god = die Voortrekker Monument in Pretoria,

Wat het daai dag gebeur in Bloedrivier?

2de in bevel Andries Pretoruis en sy manne het gaan soek na hul 33 graadse Vryemesselaars se gebeedere en sy waterbottle (gesien in die Foto) om sy rang orde oorteneem in die Broederbond Vryemesselaar beweging in SA.

Harde Afrikaaners veg altyd teen my as hul my Artiekel oor die Gelofte dag gelees het . dan se hul , “” maar die voortrekkers sal nooit gewen het as God nie betrokke geraak het nie “” Vir daai Afrikaner Lees

Die Waarheid oor Bloedrivier ! 

Die Slag van Bloedrivier was geen goddelike oorwinning nie . soos dit al die Jare aan ons oorgedra is om te glo nie . ‘n skiet gebed by die slag met n belofte van die Bou van ‘n Vrymesselaar Tempel het ons as Christenne vir eeue mislei .

Dit was nie ‘n geestelike oorwinning vir die Boere nie , Maar maar meer soos ‘n slagting/gebeurtenis van 10 000 plus swak gewapende Zoeloes.

Kom ons kyk na die voortrekkers se militere voordeel bokant die aanvallende Zoeloes.

Genoem die Wenkommando !!!!

Die D vorm laer van die vrymesselaar voortrekker weermag was op ‘n ligte hoogte geplaas . Wa teen wa teen ‘n gelyk afgrond wat lei na ‘n rivier . Nou genoem Bloedrivier .

Die 10 000 plus swak gewapende Zoeloes elk gewapen met ‘n bees vel skuld en ‘n assegaai val aan vanaf ‘n gelyk aria . Moet deur die rivier gaan teen ‘n heuwel op en hul vasloop teen ‘n ossewa muur van skerpskitters wat teen ‘n afdrande op hul skiet .

10000 plus zoeloes skouer teen skouer . Elke skoot tref ‘n zoeloe . 3000 Zoeloes sterf en slegs ‘n paar beseerdes vrymesselaar voortrekkers weermag lede , wat die weghardlopende Zoeloes met perde agterna jaag en dood .

Kom ons kyk na die Voortrekker weermag :

Met 2 Hoof kommedante . Wat Andries Pretoriius is en Hans don de lange insluit en

1 Assistent hoof Kommendant .

6 Kommendante

4 Assisstent kommendante.

10 Veld kornette

9 godsdiens leiers van die NG kerk nederland iaw. Vrymesselaar godsdienstiges . Waarvan Sarel Cilliers een was .

3 kanoniers met Kanonne.

En 464 manskappe.

Elk gewapen met tussen 1 en 2 voorlaaiers met bionette aan.

‘n hand pistool bo laaier . Messe en twee soorte ammuniesie .

3 kanonne met blikkies bomme gevul met koeels . Wat werk soos groot haelgewere .

Van die Kommendante was gewapen met dubbel voorlaaiers .

Om 3000 Zoeloes te dood op skerp skitter vlak het net 6-7 skoote per Voortrekker gekos .

En die 3 kanone het ten minste 3 keer gevuur deur die slag in ‘n magdom teiken voor hul teen n afdraande gelykte.

Die Voortrekkers het oor die 1000% voordeel gehad teen die Zoeloes wat elk een kans het met n assegaai om te dood op naby vegkuns . Hul skulde het geen weer gehad teen die dubbel voorlaaiers . Twee voorlaaiers en pistool in elke van die amper 500 weermag opgeleide vrymesselaar voortrekkers nie . Nie te praat van die groot haelgeweer kanon vuur wat 9 keer deur ‘n massa Zoeloes gesaai het nie .

Dit was ‘n presies beplande weermags slagting met die voortrekkers wat die voordeel gehad het in die geveg . Die skiet gebedjie van Sarel Cilliers na hul songod het geen krag nodig gehad nie . Die Militere voordeel was by die voortrekkers waar die Zoeloes nie eers kans gekry het vir oog tot oog oorlog voering nie .

Ja die Zoeloes het Piet Retief en sy manskappe se wapens gehad . Maar geen opleiding nie . Daar was minder as 3000 skote afgevuur en ‘n handtjie vol voortrekkers beseer omdat hul as skerpskitters agter die ossewaens en wiele verskans was .

Die is die ware prentjie van die slag van Bloed rivier .

Dink mooi was daar godlike insette in die slag? Nee , dit was ‘n slag van Militere Presiesie .

Of was daar militere wapens en ligging voordeel by die slag ?

Vir Jare maak die Afrikaaner  die dag iets groots . Maar dit was niks anders as ‘n militere slagting waar die oorwinnaars oor die 1000% voordeel beleef het.      Lees gerus die Artiekels en die bewyse van die Manskappe en wapens tydens die Slag van Bloed Rivier .  SA Christenne was vir EEUE mislei deur die SA Vrymesselaars Faksie , om te gaan aanbid in n Vryemesselaars Tempel vir ‘n “” wonderwerk “” Bewerk stellig deur Ons Groot God , Terwyl HY gee insette daar gehad het nie .  alles opgedra na ‘n songod van die Vrymesselaars !   https://af.wikipedia.org/wiki/Voorlaaier_(geweer)  en https://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_deelnemers_aan_die_Slag_van_Bloedrivier

Snaak , By Bloedrivier moes hul die Zoeloes uitlok / smeek om te kom veg . Bart Pretorius (1803–1889) was een van drie jonger broers van Andries Pretorius. Hy is op 4 April 1836 as veldkornet van die Voor-Sneeubergwyk ingesweer, en het as laerkommandant saam met die Wenkommando teen die Zoeloes uitgetrek. Hy was een van vyf ruiters wat uit die Bloedrivierlaer gejaag het om die Zoeloes uit te lok om weer te storm, https://www.facebook.com/…/a.1519757…/10159896481202103/

11 Dae na Bloedrivier . (Niemand Praat hieroor nie , want die slag was nie ‘n presiese militere slagting nie ). daar was mos klaar by bloedrivier gebid aan die songod en ‘n Tempel belowe = Voortrekker Monument . ======= Die Slag van die Opatikloof het op 27 Desember 1838, 11 dae na die Slag van Bloedrivier plaasgevind. Die slag het 9 ure geduur. In die Opatikloof is 300 man te perd deur 5 000 Zoeloes omsingel. Hulle het egter nie genoeg ammunisie tussen hulle gehad om hulself te verdedig nie. Elf van die omsingeldes sneuwel: 1 Engelsman, Alexander Biggar, 5 van sy Zoeloes en 5 Boere.

Slag van die Opatikloof  –  Het Hul gese? ‘ ” Te kort aan Gebed of Te Kort aan Ammunisie ” ?

Ná die Slag by Bloedrivier het die “”Wenkommando”” Dingaanstad besoek en laer op die Entonjaneni-hoogte getrek. Op 27 Desember het ’n kommando van ongeveer 300 man en 40 Port Natalse swartes uitgetrek om die Zoeloes aan te val en die beeste wat op 17 Februarie by Bloukrans gesteel is, terug te kry. Volgens Bongoza, ’n Zoeloespioen wat hom klaarblyklik opsetlik gevange laat neem het, was die beeste in die nabygeleë Opatekloof.

Pretorius se gewonde hand het begin pyn en hy het die bevel aan Karel Landman oorgedra en na die laer teruggekeer. Halfpad in die kloof af het Bongoza verdwyn en het die Zoeloekrygers, nadat ’n deurdringende kreet vanuit die koppie weerklink het “i zi pagati (hulle is binnekant!)”, uit die klowe gestorm om die kommando van die laer af te sny. Hans de Lange (Hans Dons) het egter die groot gevaar besef en deurgejaag om Landman te waarsku. In ’n poging om uit die hinderlaag te ontsnap, het hulle al vegtend met die kloof afgegaan, drie keer die draaie van die Umfolozirivier oorgesteek en die Ulandivlakte bereik. Hier het hulle ’n daglange stryd teen die Zoeloes gevoer. Op pad terug na die laer het hulle weer die rivier oorgesteek. In ’n skermutseling in die rivier waar welsand die Voortrekkers se gang erg belemmer het, het ses Voortrekkers, insluitende Biggar en baie van sy swartes, gesneuwel. Volgens verslae het meer as duisend Zoeloes gesneuwel. Laat dié aand het die Voortrekkers in ’n uitgeputte toestand in die laer aangekom. Hierdie slag was ’n noue ontkoming vir die Voortrekkers , want indien die Zoeloes hulle oorrompel het, sou die oorwinning by Bloedrivier tot niet gemaak wees.

https://afrikanergeskiedenis.co.za/27-desember/

Voortrekker Monument ‘n Vryemesselaars Temple

Voortrekkers, Boeregeneraals, bekende dominees en selfs presidente was in die vormingsjare van Pretoria lede van ‘n wêreldwye organisasie, wat ook ‘n invloed op stigtingsvaders van Amerika gehad het.

Die vrymesselaars sê dat hulle nie ‘n geheime organisasie is nie, maar ‘n organisasie met geheime. Was dit ‘n geheim dat Boeregeneraals en -offisiere soos Danie Theron, Piet Joubert, Piet Cronjé, Ben Viljoen, Louis Botha, JC Smuts, dr WJ Leyds, SG Vilonel, JP Wessels, Ben Havenga, Philip Botha, HP van der Post, SPE Trichardt, Piet Visser, JH Olivier en George Band vrymesselaars was?
Vrystaatse en ZAR-presidente wat vrymesselaars was, sluit in, presidente MW Pretorius, Jan Brand, FW Reitz en Francois Burgers; die waarnemende Vrystaatse president PJ Blignaut en waarnemende ZAR-presidente Schalk Willem Burger, Stephanus Schoeman en Daniël Jacobus Erasmus.

Só sê dr Jan van der Merwe in sy artikels, ‘Vrymesselary voor die aanvang van die Suid-Afrikaanse Oorlog’ en ‘Vrymesselary ten tye van die Suid-Afrikaanse Oorlog’. Jan het ’n doktorsgraad in antropologie. Hy was van 2007 tot 2009 ’n direksielid van die Afrikaner-Broederbond. Hy is die voorsitter van die raad van die Anglo-Boere-oorlog museum in Bloemfontein en werk as navorser by die Mangaung Metro Munisipaliteit in Bloemfontein.

Volgens Jan se navorsing was die volgende Afrikaanse taalvaders ook vrymesselaars: CJ Langenhoven, AG Visser, ‘Onse Jan’ Hofmeyr, Toon van den Heever, FW Reitz, AD Keet en AA Pienaar (Sangiro).

Suid-Afrika se eerste staatspresident ná republiekwording, Blackie Swart, was ‘n vrymesselaar en so ook die latere Vrystaatse administrateurs, Cornelius Wessels en AEW Ramsbottom.
Die lys van bekende Afrikaners wat by die vrymesselary betrokke was, is te lank om hier te noem. Dit strek van kolonel JCC Laas, die stigterslid van die Ossewabrandwag, Gustav Preller en advokaat Tielman Roos tot ‘n lang lys hoofregters, ministers en burgemeesters.

Wat het werklik gebeur By Retief se dood ? 

Hierdie artikel het ‘n drievoudige doelwit: eerstens ‘n rekonstruksie van die gebeure toe die Voortrekkerleier Piet Retief en sy metgeselle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu, die vesting van die Zoeloekoning Dingane, afgemaai is; tweedens ‘n ontleding van die redes waarom die Zoeloekoning gereken het dat dit wys sal wees om Retief en sy metgeselle te laat vermoor; en derdens ‘n bepaling van die historiese betekenis van die gebeure. Veral Afrikaanse historici het tradisioneel vir Retief en sy manne kortweg uitgebeeld as die slagoffers van onverdedigbare verraderlikheid van die kant van ‘n bose barbaar. Hierdie artikel beeld ook die bloedbad as ‘n verskriklike gebeurtenis uit en die brutaliteit en gemeenheid van die beplanning en uitvoering daarvan as onregverdigbaar. Aan die ander kant word daar aangetoon dat Dingane beslis gronde gehad het om die Voortrekkers as ‘n ernstige bedreiging vir die soewereiniteit van sy koninkryk te beskou. Hy en sy raadgewers het rede gehad om Retief, wat deur sy goedgelowigheid in hulle hande gespeel het, en sy manne as invallers te beskou. Die bloedbad kan gevolglik beskou word as die eerste salvo in wat ‘n twee-jaar-lange stryd om oppergesag tussen Zoeloe en Voortrekker in die suide van KwaZulu-Natal geword het. http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200007

Vrymesselaars

Volgens Jan van der Merwe is die vrymesselaars ’n wêreldwye humanitêre organisasie. Hulle belangrikste funksie is om by gemeenskapsontwikkeling en liefdadigheidswerk betrokke te wees.
Jy kan net ‘n lid word as jy uitgenooi word en ná afloop van ’n inlywingsproses. Slegs ’n bestaande vrymesselaar kan ’n lid voorstel. Nadat die aansoeker die losie besoek het, word sy aansoek verwerp of aanvaar deur ’n geheime stemming: ‘n swart bal tel vir ’n nee-stem en ‘n wit bal vir ‘n ja-stem. Die kandidaat word gediskwalifiseer as daar ‘n swart bal tussen die wit balle in die stemkassie is.

Om as ’n kandidaat te kwalifiseer, moet jy: in ’n Opperwese glo; uit vrye keuse aansluit; minstens 18 jaar oud wees; vry wees (slawe mag nie lede word nie); geestesgesond wees en ’n goeie reputasie en moraliteit hê. Jy moet ook een of twee getuigskrifte van aktiewe vrymesselaars hê.
Volgens Jan kan net mans vrymesselaars word, maar ander bronne sê daar is glo twee vrymesselaarsordes in SA waarin mans en vrouens gesamentlik deelneem en een orde net vir vrouens.
Vrymesselaars kom as ’n losie bymekaar en die lede word as die losie beskou. Die private aspekte van die moderne vrymesselary hou met interne rituele verband, asook die metodes van herkenning van medelede binne die ritueel.

Die vraag is hoe die vrymesselaarsbeleid waarvolgens ‘n lid se eerste lojaliteit aan ander vrymesselaars moet wees, die Engelse Oorlog beïnvloed het. Daar is glo een ding wat selfs Boere en kakies op die oorlog se slagvelde kon sê om mekaar as vrymesselaars te herken en die dood vry te spring: “O, Here, my god, is daar geen hulp vir die weduwee se seun nie?” Ander Boere wat uit Misleiding saam geveg het , het nie die voordeel gehad nie !

Begin

Dit blyk dat vrymesselary, wat ten tye van die oorlog reeds bykans 130 jaar in die land was, toe groot aanhang geniet het.
Die Nederlandse skeepskaptein, Abraham van der Weijde, het die aanvoorwerk gedoen vir die eerste Nederlandse losie, die Goede Hoop, wat op 2 Mei 1772 in die Kaap gestig is. Abraham Chiron, ’n amptenaar van die Nederlandse regering, is tot meester van dié losie verkies.
Die eerste Britse anneksasie van die Kaap was in 1795. Op 28 Januarie 1798 het ’n Britse militêre losie, Africa No 1, ook bekend as De Afrikaan, vir die eerste keer by De Goede Hoop byeengekom.
Die eerste volwaardige Engelse losie, The British Lodge, is eers in 1811, ná die tweede Britse anneksasie van die Kaap, gestig. Die eerste Franse losie, die L‘Esperance, is in 1824 in Kaapstad geopen.

In 1828 was daar drie Engelse losies in die Kaap en nog een, die Albany Lodge, is in Grahamstad gevestig. Die Nederlandse losies het ook uitgebrei en in 1834 is De Vereeniging Losie op Graaff-Reinet geopen.

Pieter Jeremias Blignaut was ‘n politikus, staatsamptenaar, staatsekretaris van die Oranje-Vrystaat (1879-1902) en het twee keer as staatspresident waargeneem, eers na die dood van staatspresident Brand (1888-1889) en weer na die bedanking van staatspresident Reitz

Groot Trek

Die Groot Trek het van 1835 tot 1838 uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie begin en verskeie Voortrekkers, soos Piet Retief, was 33 graad aktiewe vrymesselaars.

Piet het Dingaan in November 1837 ontmoet en ‘n verdrag onderteken wat grondgebied aan die Voortrekkers sou toeken. Na twee dae se feesvieringe, op 6 Februarie 1838, het Dingaan Piet se geselskap vermoor en hulle beendere is by moordkoppie laat lê.

In Desember daardie jaar het Andries Pretorius se kommando laergetrek in dié omgewing en ‘n paar trekkers is afgevaardig om die beendere te gaan soek en te begrawe en Piet Retief se 33 graadse waterbottel te kry.

Piet Retief se oorblyfsels is op 21 Desember 1838 uitgeken aan stukkies van sy satyn onderbaadjie, ‘n verweerde leersak waarin die traktaat tussen hom en Dingaan was en sy waterfles met vrymesselaar-simbole.

Volgens Denise Woods is vrymesselary se hoofsimbole op dié waterfles uitgekerf: die kompas, tekendriehoek, twee pilare van Boas en Jakin, die alsiende oog van Osiris, die son, die maan, die geruite vloer, ’n hamer en ’n driehoek met ’n straalson daaragter.

Schalk Willem Burger, ’n militêre leier, advokaat en politikus, was die waarnemende president van die ZAR van 1900 tot 1902, terwyl Paul Kruger in ballingskap in Europa was

Sir Johannes Henricus Brand, bekend as Jan Brand, was die vierde staatspresident van die Oranje Vrystaat, van 2 Februarie 1864 tot sy dood in 1888

Monument

Denise Woods se boek, ‘Oes die stormwind van volksgodsdiens’, het in 2006 verskyn. Daarin sê sy dat die feesvieringe ter herdenking van die eeufees van die Groot Trek in 1938 en die inhuldiging van die Voortrekkermonument in 1949 vrymesselaar-eienskappe bevat het.

Haar voorbeelde strek van die fondamentsteenlegging, die fakkelmarathon, die geloftes wat langs die ossewaroetes afgelê is en die lamp wat met die son se strale aangesteek is.
Denise verwys ook na vrymesselaar-simbole en -elemente in die monument se ontwerp en op die reliëfpanele, soos die altaar, die sonstraal, die vloerpatroon, die moeder-en-kind-uitbeelding en die goewerneur se handsimbool.

Dr Alta Steenkamp, senior argitektuur-lektor aan die Universiteit van Kaapstad, sê dat die Voortrekkermonument toevallig soos ’n vrymesselaars-tempel lyk omdat mildelik geleen is by ontwerp-idees van die Duitse Leipzig-monument.

Argitek Gerhard Moerdyk is in 1936 as boumeester van die Voortrekkermonument aangestel, maar dit blyk dat die komitee vir hom gesê het dat die monument soos die een by Leipzig moet lyk.
Alta sê dat hulle nie van die vrymesselaarsmotiewe bewus kon wees nie, omdat die vrymesselaars-tempel in die kelder van die Leipzig-monument eers ná die Tweede Wêreldoorlog gevind is.
Gerhard Moerdyk het in ‘Die Vaderland’ van 1936 in ’n verduideliking oor hoe die monument moet lyk, gesê dat die Voortrekkers geen argitektoniese erfenis nagelaat het nie. Hy het gesê ’n mens moet eerder ’n verwysing in die Bybel vind, want dit is wat die Voortrekkers sou doen.
Hy het na die Bybelse Abraham verwys en gesê daar moet ’n altaar gebou word om die Voortrekkers se opofferings te huldig, soos wat Abraham gedoen het. Hy het ook gesê dat daar baie sulke heiligdomme wêreldwyd is – die Mausoleum van Halicarnassus, die Altaar van Zeus, die Taj Mahal in Indië, die Dôme des Invalides in Parys, die Leipzig-monument en die Shrine of Remembrance in Melbourne.

Terug

‘n Honderd jaar voor Gerhard Moerdyk dié verduideliking gegee het, was die Groot Trek in volle swang en daar was spanning tussen Engelse en Nederlandse Vrymesselaar-losies in die Kaapkolonie.
Die spanning het in die 1840’s toegeneem, veral nadat sir Christoffel Brand, vader van die latere Vrystaatse president, Jan Brand, grootmeester van al die Nederlandse losies in Suider-Afrika geword het (1847 tot 1874).

In dié tyd het die Nederlandse losies na Willowmore, Richmond, Paarl, Somerset-Oos, Adelaide en Malmesbury uitgebrei.

Jan Brand is op 5 April 1865 tot president van die Oranje-Vrystaat verkies en talle losies is geopen, waarvan dié in Bloemfontein, Philippolis, Winburg, Jagersfontein, Smithfield en Ficksburg onder die eerstes was.

Losies is ook in die ZAR, waar vrymesselaar Marthinus Wessel Pretorius president was, gevestig. Die eerste een, Flaming Star of Africa, is op 22 Mei 1865 in Potchefstroom gestig. Die Skotse en Britse losies het gesê dat nuwe Nederlandse losies glo onwettig gestig is.

Met die vorming van onafhanklike provinsiale losies in die ZAR, Oranje-Vrystaat en Natal, het ’n behoefte ontstaan dat meer streek-grootlosies gevorm moet word en dat Suider-Afrika sy eie verenigde grootlosie, onafhanklik van Engeland, moes hê. Dié beginsel is glo deur die Engelse losies as ongewens verklaar.

Goudstormloop

Vrymesselaars mag glo nie politiek in hulle losies bespreek nie, maar die ontdekking van diamante en goud en die Engelse imperialiste se pogings om die twee Boere-republieke, die ZAR en die Oranje-Vrystaat, van hulle vryheid te beroof, moes sekerlik spanning tussen Nederlandse en Engelse losies veroorsaak het.

Die Britse regering het die gebied rondom Kimberley (Griekwaland-Wes) in 1870 geannekseer. Op
28 Junie 1872 is ’n Engelse losie, die Cosmopolitan, in Kimberley geopen.
Volgende op die anneksasie-lys was die ZAR. Shepstone het op 22 Januarie 1877 met 25 berede polisiemanne en agt amptenare in Pretoria aangekom om “sekere griewe met president Francois Burgers te bespreek”. Die ware doel was egter anneksasie.
In die begin van 1879 was daar drie Nederlandse losies in die ZAR: Aurora in Pretoria, Flaming Star in Potchefstroom en Oranje in Rustenburg. Daar was een Engelse losie, die Transvaal, wat in 1878 in Pretoria gestig is.

Die ZAR-volksraad het in Desember 1880 vergader, krygswet is afgekondig en die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog is afgevuur. Die Boeremagte het die Engelse op 27 Februarie 1881 by Amajuba verslaan en die ZAR het sy onafhanklikheid teruggekry.
Ná dié oorlog was daar ‘n depressie van 1882 tot 1886 en honderde vrymesselaars was verplig om te bedank en tientalle vrymesselaarslosies het gesluit.

Rhodes

In 1890 het ’n invloedryke vrymesselaar, Cecil John Rhodes, die premier van die Kaapse parlement geword. Hy het die steun van JH Hofmeyr, wat toe die meester van die Nederlandse losies in die Kaap was, se Afrikanerbond politieke party gehad.

Vrymesselary in Suid-Afrika het in 1890 sy eerste joernaal gekry, die ‘SA Freemason’. Die redakteur, W Darley-Hartley, was ’n mediese dokter van Oos-Londen en ’n Rhodes-ondersteuner, en het met sy joernaal gepoog om al die losies in Suid-Afrika onder een verenigde losie te kry en onafhanklik van die vrymesselary in Engeland te maak. Hy wou Rhodes die grootmeester hiervan maak.
Dié idee is by ’n konvensie op 18 Oktober 1892 in Kimberley bespreek waar 227 losies vir ’n verenigde losie gestem het, 241 was daarteen en 25 losies het buite stemming gebly. Die Nederlandse losies, onder hoofsegsman ds DP Faure, was by die Kimberley-konferensie teen dié gedagte gekant.

Intussen is twee nuwe Nederlandse losies in die ZAR gevestig, die Libertas in Krugersdorp en De Broederbond in Pretoria. In 1892 was die ledetal van die Nederlandse losies 587.
Drie nuwe Engelse losies is in Mei 1889 in die ZAR gestig: die Johannesburg in Johannesburg; die Royal Albert in Klerksdorp en die El Dorado op die myndorpie Malmani. Die Skotse losies het gevolg en die Golden Thistle is in November in Johannesburg gestig.

In 1893 het Londen toestemming gegee om nog Engelse losies in die ZAR te vestig: Die Gold Field in Johannesburg; asook die Boksburg-, Jeppestown-, Germiston- en Zoutpansberg-losies.
Intussen het een van die grootste opstekers vir Rhodes se Jameson-inval, JE Green, in Londen aansoek gedoen om ’n streek-grootmeester vir die ZAR verkies te kry. Londen het ingestem, en George Richards is verkies.

Inval

Rhodes het gevrees dat die ZAR met sy goud en ’n eie spoorweg na Delagoabaai, sy wil op die Britse gebiede sou kon afdwing. Die spoorlyn tussen Pretoria en Delagoabaai, wat die ZAR onafhanklik van Britse hawens sou maak, is in 1895 in gebruik geneem.

Rhodes se plan om dit te keer was die Jameson-inval in 1895. Na die mislukte Jameson-inval is vrymesselaar streek-grootmeester, George Richards, in hegtenis geneem. Hy is later vrygelaat nadat hy ’n boete van meer as 2 000 pond vir sy aandeel in die mislukte Jameson-inval betaal het.
Sy betrokkenheid by die mislukte opstand en die Jameson-inval het tot ’n hewige debat binne vrymesselaarskringe gelei. Die Engelse losies het sy gedrag goedgepraat en dit was duidelik dat lojaliteit aan die Britse kroon vrymesselarybeginsels oorskry het.

Jan van der Merwe sê dit is insiggewend om daarop te let dat die persone aan Boerekant wat primêr vir die oorwinning oor Jameson verantwoordelik was, generaals Piet Cronjé en Piet Joubert, altwee aktiewe vrymesselaarlede was. Altwee was betrokke by die vrymesselaars tot ná die Engelse Oorlog, en het selfs op St Helena ’n vrymesselaarswerking bygewoon, terwyl Jameson daar as krygsgevangene aangehou is.

Die mislukte inval het vêrreikende gevolge gehad. Generaal Cronjé se oorwinnings het burgers geïnspireer en die ZAR en Vrystaatse Republiek het in 1897 ’n verdediging- en aanvalsverbond gesluit.

Die Kaapse Afrikanerbond, wat die ZAR voorheen gekritiseer het, het sy steun aan Rhodes onttrek en hy was verplig om as premier van die Kaapkolonie te bedank.

Vryemesselaars Oorlog

In 1898 het die Engelse konstitusie uit 24 losies bestaan met ’n 1 838-ledetal. Elf van dié 24 losies was in die ZAR.

Nadat die krygswet in 1899 afgekondig is, het die meeste van die vrymesselaarslosies in die Boererepublieke hulle werksaamhede gestaak en baie van die uitlanders wat aan die Engelse losies verbonde was, het die ZAR verlaat.

Die eerste gevegte van die Engelse Oorlog was op 20 Oktober 1899 by Talana, naby Dundee. Die gevegte het van hier af na Ladysmith verskuif waar kommandant-generaal Piet Joubert, ’n vrymesselaar van De Broederband-losie in Pretoria, betrokke was.

Jan van der Merwe sê dat die Boeremagte nooit enige skade aan enige van die vrymesselaarslosies in die oorlog aangerig het nie. Die enigste aangetekende geval van poging tot skade deur Boerekrygers was in Dundee waar Boererebelle een keer die meubels in ‘n vrymesselaarslosie probeer plunder het.

In die Britse publikasie, ‘Freemason’, van Julie 1902 word berig dat die Boere geboue met ’n erkende verbintenis tot vrymesselary by meer as een geleentheid van vernietiging gered het.
Tog het die Britse troepe hulle skuldig gemaak aan vandalisme en plundery van vrymesselaar-geboue en is baie losies deur die Britte ook as hospitale, store of kantore gebruik.

Samewerking

Volgens vrymesselaarsbeleid behoort ‘n lid se eerste lojaliteit aan ander vrymesselaars te wees. Dit het Boereverkenner, kaptein Danie Theron, wat ’n lid van die Krugersdorpse losie was, goed besef.

Hy het ‘n trein, wat op pad na Johannesburg was, gebuit en 47 Britse gevangenis op ’n mede-vrymesselaar, kolonel JG Stowe, se versoek vrygelaat. Stowe, die konsul-generaal van die VSA in Suid-Afrika, was ‘n passasier in dié trein se salonwa.

Dit lyk asof Danie een van die min vrymesselaars was wat dié beleid gevolg het. In 1899 het die grootlosie van die Nederlande 2 000 gulders gestuur om die nood net onder Hollandse vrymesselaars te verlig. In 1901 is ’n verdere 8 300 gulders gestuur.

Meer as £10 000 is deur die Engelse Stigtingsvrymesselaars in Suid-Afrika ingesamel vir hulle eie broeders se noodverligting, maar daar is gespesifiseer dat geen van dié geld ter verligting van die nood van Skotse, Ierse of Hollandse vrymesselaars gebruik mag word nie.

• Mense wat meer hieroor wil lees kan gaan kyk na: AA Cooper se boek, ‘The Freemasons of South Africa’, wat in 1986 deur Human & Rousseau uitgegee is; OH Bates se boek, ‘The Lodge De Goede Hoop’, wat in 1947 deur Struik uitgegee is; of TN Cranstoun-Day se boek, ‘The British Lodge No 334 and English Freemasonry at the Cape of Goed Hope, 1795–1935’ wat in 1936 deur Collins Books uitgegee is.

Kom ons gaan kyk na die geskiedenis van die Vryemesselaars in SA

Daarin sal ons sien , behalwe vir Dirkie Uys was al die eerste voortrekkers vryemesselaar , Piet Retief die 33 graadse leier , en die range orders sluit Andries Pretoruis en Sarel Cilliers in.
Hierin gaan ons ook sien dat die twee Boere oorloe geveg in die laat 1800s begin 1900s in SA vryemesselaar oorloe was geveg tussen twee vryemesselaars faksies van Engeland en Nederlande
Die Vrymesselary in Suid-Afrika het in 1772 begin toe die eerste Nederlandse losie, die Goede Hoop Lodge, in die Kaap gevestig is.

In 1972, 200 jaar na die vorming van die eerste Vrymesselaarslosie in Suid-Afrika, was daar meer as 500 Vrymesselaarslosies in Suid-Afrika met meer as 25 000 lede.

Kort oorsig

Hierdie artikel fokus op die werksaamhede van die Vrymesselaars voor die Anglo-Boereoorlog, oftewel (soos dit vandag by voorkeur bekend staan) die Suid-Afrikaanse Oorlog. Dié eerste artikel gee ’n kort oorsig oor die werksaamhede van die Vrymesselaars voor die aanvang van hierdie oorlog (1899–1902).

Die Nederlandse skeepskaptein Abraham van der Weijde het die aanvoorwerk vir die eerste Vrymesselaarslosie gedoen wat op 2 Mei 1772 in Suid-Afrika gestig is. Abraham Chiron, ’n amptenaar van die Nederlandse regering, is op hierdie eerste vergadering van ’n Vrymesselaarslosie in Suider-Afrika verkies tot Meester van De Goede Hoop Lodge.
In 1795 het die eerste Britse anneksasie van die Kaap plaasgevind. Heelparty van die Britse soldate was Vrymesselaars en op 28 Januarie 1798 het ’n Britse Militêre Lodge, genaamd Africa No 1, of ook genoem De Afrikaan, hul eerste werking in die Nederlandse losie, De Goede Hoop Lodge, gehou.

Na die tweede Britse anneksasie van die Kaap in 1806 is die eerste volwaardige Engelse losie, The British Lodge, in 1811 in die Kaap gestig.

In 1828 het die aantal Engelse losies in die Kaap tot drie gegroei.10 In 1828 is daar ook ’n Engelse losie, die Albany Lodge, in Grahamstad gevestig.11 Die Nederlandse losies het in daardie tyd ook stadig maar seker uitgebrei. So het daar in 1834 ’n Nederlandse losie, De Vereeniging Lodge, op Graaff-Reinet geopen.

In 1824 het die Franssprekende Kapenaars self ook hul eie Franse losie, die L‘Esperance Lodge, in Kaapstad geopen.

Die eerste politieke turbulensie wat die Vrymesselary in Suid-Afrika belewe het, was ten tye van die Groot Trek (1835{1838). Verskeie Voortrekkers was aktiewe Vrymesselaars, van wie Piet Retief die bekendste was.

JC van der Walt skryf in sy boek Zululand True Stories: 1780–1978 die volgende oor Piet Retief:
Kaptein Duncan Campbell, Albany se magistraat, verklaar Retief “nulla bona” op 18 April 1832 en Retief word tronkstraf opgelê. Retief ontduik die gereg, maar in Augustus 1832 word hy in Grahamstad vir die wanbetaling van verskeie skuldbewyse opgesluit. Hy weier om 58 gelling vir “ou-Madeira wyn” aan sy vriend en mede-Vrymesselaar, Benjamin Norden, te betaal. Norden het Retief verskeie kere vir skuld gedagvaar. Uiteindelik het Norden sy eis afgeskryf en Retief se skuldbriewe betaal … John Mandy, die eienaar van die Freemason’s Tavern van die Albany losie in Grahamstad, het Retief in Januarie 1837 vir 228 rijksdaalers gedagvaar vir “drank, losies en vermaaklikheid aangebied en verskaf op versoek deur Piet Retief”.

Cooper som die tydperk rondom die Groot Trek soos volg op:
Freemasonry was not impervious to these (Groot Trek) events. Many masons, both English and Dutch, had to resign, unable to pay their duties. Expansion of the Craft seemed impossible while the outlying lodges – Albany (Grahamstad) and De Vereeniging (Graaff-Reinet) – often did not meet.

In die 1840’s het daar ’n tydelike breuk tussen die Engelse en Nederlandse losies in die Kaapkolonie plaasgevind. Hierdie breuk het ’n duidelike politieke ondertoon gehad. Die breuk het ontstaan nadat The Cape Town Mail op 21 Januarie 1843 ’n berig geplaas het insake ’n dinee wat op 14 Januarie 1843 by die Nederlandse losie, die De Goede Hoop Losie, plaasgevind het. Hierdie Nederlandse losie het die dinee gehou ter ere van die Nederlandse skeepsoffisiere van die Palembang, wat op daardie tydstip op besoek aan die Kaap was. Volgens The Cape Town Mail het ’n M Thalwitzer, wat van die De Goede Hoop Losie ’n lid was, ’n heildronk ingestel op die Nederlandse koning en later ook een op die Britse koningin. The Cape Town Mail het in hul beriggewing oor hierdie dinee beweer dat toe Thalwitzer die heildronk op die Britse koningin ingestel het, die Afrikaners wat teenwoordig was, geskree het: “’no, no!’ And turned their glasses upside down to show their disapproval of the toast. Shocked, Thalwitzer exclaimed, ‘This is too bad’, and left.” In dieselfde berig het The Cape Town Mail een van die senior lede, Michiel van Breda, van die De Goede Hoop Losie aangehaal wat na bewering die bogemelde insident sou beskryf het as “an almost incredible manifestation of disloyal and anti-British feeling”.

Die bogemelde kontroversie was egter die sameloop van misverstande en twee dae na die verskyning van The Cape Town Mail het drie Vrymesselaars van die De Goede Hoop Losie die saak by die goewerneur, sir George Napier, gaan regstel. Die drie Vrymesselaars was CL Herman, Pieter van Breda en WF Hertzog. Hierdie WF Hertzog was Willem Frederik Hertzog, broer van Dirk Willem Hertzog, die oupa van generaal JBM Hertzog.Beide Willem Frederik Hertzog en Dirk Willem Hertzog was lede van die De Goede Hoop Losie.

Die feite rakende hierdie insident was dat daar op die betrokke dag ’n gholfkompetisie tussen ’n Britse en ’n Nederlandse span was. Die Nederlandse span het die gholftoernooi gewen, en die heildronke die betrokke aand het oor die spanne gehandel. Volgens die drie here het alles in ’n ligte luim geskied. Hulle het vertel dat die heildronk nie oor die Britse of Nederlandse koningshuise gegaan het, soos deur The Cape Town Mail berig is nie, maar wel oor die gholfspanne van die betrokke dag.

In die volgende uitgawe van The Cape Town Mail, 28 Januarie 1843, meld die redakteur dat die koerant vir 2 500 pond vir beweerde laster gedagvaar word. Die uiteinde van die saak is dat die koerant na afloop van ’n hofsaak beboet is en 20 pond skadevergoeding aan Pieter van Breda moes betaal weens hul verkeerde beriggewing oor die gebeure in die De Goede Hoop Losie.

Die bogemelde insident het wel spore van spanning tussen die Britse en Nederlandse losies gelaat, veral toe Thalwitzer op 3 Maart 1843, as gevolg van De Goede Hoop Losie se anti-Britse sentimente, uit die Nederlandse losie bedank het om hom by die Engelse losie aan te sluit.
Die spanning tussen die Britse en Nederlandse (Afrikaanssprekende) losies het in daardie tyd voortgeduur, veral nadat sir Christoffel Brand, vader van die latere Vrystaatse president, Jan Brand, Grand Master van al die Nederlandse losies in Suider-Afrika geword het. Sir Christoffel Brand was vanaf 1847 tot 1874 hoof van die Nederlandse losies in Suider-Afrika.

Die era van sir Christoffel Brand
Die rede vir die spanning was tweërlei: eerstens het sir Brand in 1861 ’n binnelandse toer onderneem en ’n aksie begin om Nederlandse losies met ywer in die noorde te vestig. Sy toer het gelei tot die vestiging van die Rising Star Lodge op Burghersdorp en die Free State Unie Lodge in Bloemfontein.

Die tweede rede vir hierdie spanning was sir Brand se rol as speaker in die Kaapse parlement en die groeiende politieke mag van die Afrikaners tydens sy termyn. Die Engelssprekende Kapenaars het toenemend begin voel dat hulle hul dominasie in die Kaapse politiek ten koste van die Afrikaners begin prysgee.

Tydens die era van sir Christoffel Brand het die Nederlandse losies met rasse skrede uitgebrei. Die Excelsior Lodge is op 18 Januarie 1865 in Willowmore geopen, en later het losies op Richmond, Paarl, Somerset-Oos, Adelaide en Malmesbury gevolg.

Op 5 April 1865 is Jan Brand, seun van sir Christoffel Brand, tot president van die destydse Oranje-Vrystaat verkies. Onder beide dié here se leiding is daar talle Vrymesselaarslosies in die Vrystaat geopen, waarvan ’n losie in Bloemfontein, asook ’n losie in Philippolis, Winburg, Jagersfontein, Smithfield en Ficksburg onder die eerstes was.

In die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR), waar president Marthinus Wessel Pretorius aan die stuur van sake gestaan het, is daar ook enkele Vrymesselaarslosies gevestig. Die eerste was die Flaming Star of Africa Lodge wat op 22 Mei 1865 in Potchefstroom in bedryf gestel is.

Die daarstelling en uitbreiding van nuwe losies onder die voogdyskap van die Nederlandse werking, waarvan sir Christoffel Brand die Grand Master was, het skerp kritiek van beide die Skotse en Britse losies in Suider-Afrika ontlok. Volgens die Skotse en Britse losies was al hierdie nuutgestigte losies onwettig, omdat hulle in stryd met die bepalings van die sogenaamde 1770 Convention gestig is.

Brand se reaksie op die Skotse en Britse losies se beskuldiging was as volg:
The Grand Lodge of Holland, created by the Grand Lodge of England, had in 1770, asked for acknowledgement of its status, promising that, if the Grand Lodge of England would agree in future not to constitute any new lodge within its jurisdiction, the Grand Lodge of Holland would observe the same restrictions in respect of all parts of the world where lodges were already established under the patronage of England.

AA Cooper, wat ’n magisterverhandeling oor die ontstaangeskiedenis van die Vrymesselary in Suid-Afrika geskryf het, bied die volgende inligting omtrent hierdie debat:
This declaration formed the basis of the so-called 1770 Convention. It had been tacitly ignored in the Cape for nearly a hundred years, until in 1862 John Saunders, founder in 1860 and master of the first Scottish lodge in South Africa, Southern Cross Lodge, Cape Town, questioned Brand’s authority and that of the Nederlandse Constitutie in South Africa which he headed.

When Brand was about to issue provisional warrants in 1862 to masons in George and Burghersdorp, Saunders disputed his right to do so, claiming that under the 1770 Convention, the fact that it was now under British rule, prevented Dutch Masonic expansion.

Brand het in sy boek Masonic Epistle onthul dat John Saunders ’n groep Vrymesselaars in George (Wes-Kaap) genader en adviseer het om ’n losie daar te vestig. Saunders het hulle adviseer, aldus Brand, om hierdie nuwe losie te open onder die voogdyskap van die Grand Lodge of Scotland. Brand het verder onthul dat Saunders onsuksesvol was en dat die Vrymesselaars in George verkies het om onder sy (die Nederlandse werking se) voogdyskap te val, en dat hierdie feit die hoofrede was vir die ongelukkigheid by die Skotse en Engelse losies.

Die bogemelde debat het voortgeduur en later is losies noord van die Oranjerivier ook daarby betrek. In Junie 1867 het die Grand Lodge of England besluit dat “the 1770 Convention outlining territoriality of Masonic constitutions in the world did not apply to South Africa where English and Dutch lodges existed side by side since 1811 on the neutral grounds of the Cape.”

Na sir Brand se oorwinning in hierdie debat het hy in Januarie 1869, op die ouderdom van 73 jaar, weer ’n toer noorde toe aangepak om nog Vrymesselaarslosies te vestig. Hy kon egter nie op Fraserburg ’n Nederlandse losie gevestig kry nie. In Oktober 1869 skryf ’n Vrymesselaar, JL Doësel van Fraserburg, aan Brand: “The Dutch brethren are happy to start a lodge here – the English don’t want to work under the Dutch constitution and we, of course, return the compliment. It is a great pity the wealthiest masons here are English … the Dutch are too few to afford the cost of a Lodge.”

Die idee van ’n eie “United Grand Lodge of South Africa”

Met die vorming van onafhanklike provinsiale losies in die ZAR, die Oranje-Vrystaat en Natal, het daar toenemend ’n behoefte ontstaan dat daar meer streeks- of provinsiale Grand Lodges gevorm moet word en dat Suider-Afrika ook oor sy eie United Grand Lodge of South Africa, onafhanklik van die Grand Lodge of England, moes beskik. Die Harmony Lodge van Richmond (Noord-Kaap) was die eerste wat so ’n behoefte uitgespreek het. Op 10 September 1870 het hulle die volgende skrywe aan al die ander losies gerig:

That considering the great spread of masonry in the Colony and the position taken up by the several lodges, this lodge would respectfully submit to the Provincial Grand Lodge whether the time has not arrived that there should be established in this Colony a separate and distinct Grand East which might embrace the different lodges working at present under different Grand Easts. This lodge would therefore urge such a step would lend materially to establish a more firm bond between the Craft, being then like children of one parent, calling for their united support and granting them its fostering call.

Considering the large amounts annually sent to Europe by the different lodges working under different Grand Easts, this lodge concludes that such sums might be more beneficially spent in the Colony in providing education and assistance to the families of so many brethren in this Colony who are now debarred from seeking those advantages in the establishments in Europe which have been brought into existence by the assistance of the fees levied in the Colony, not doubting that the establishment of a Grand East in the Colony will cause the Brethren to contribute more largely towards those noble purposes which our Holy Order has in view – whereas now they have not had the privilege of seeing the fruits to their charity in that the funds are devoted to establishments in foreign countries.”

Op 19 Desember 1870 is daar ’n skrywe aan al die Vrymesselaarslosies in die Kaapkolonie gestuur wat die hele idee van streekslosies en ’n onafhanklike United Grand Lodge of South Africa as ongewens verklaar het. In teenstelling met hierdie skrywe het die Flaming Star Lodge van Potchefstroom die volgende verklaar: “A Provincial Grand Lodge should be established in these parts [die Vrystaat en die ZAR] and should be named the Provincial Grand Lodge of the Orange Free State and Transvaal territories.”

Die anneksasie van die ZAR

Lord Carnarvon, die Britse minister van kolonies, het na die ontdekking van goud en diamante in Suid-Afrika duidelik aspirasies gehad om die twee Boere-republieke, die ZAR en die Oranje-Vrystaat, onder Britse beheer te kry.

Teen die einde van 1876 het lord Carnarvon se federale planne in Suid-Afrika nog geen vrugte afgewerp nie. Hoewel president Jan Brand van die Vrystaat in 1876 in Londen aan ’n konferensie deelgeneem het waar die moontlikheid van ’n federasie bespreek is, het hy geen beloftes gemaak nie. Die ZAR was glad nie by hierdie konfederasie in Londen verteenwoordig nie. Die potensiële rykdom van die ZAR en die ekonomiese onafhanklikheid wat die ZAR weens ’n spoorlyn na Delagoabaai sou verkry, het Brittanje onrustig gestem. Die federasie moes so gou moontlik afgedwing word. Lord Carnarvon het sir Theophilus Shepstone, kommissaris vir die swart mense in Natal, gestuur om die ZAR te annekseer.

Carnarvon het gereken dat toestande gunstig vir anneksasie was. President TF Burgers was in onguns by die meeste Boere in die ZAR, sy staatskas was leeg, en die oorlog teen Sekoekoeni het Britsgesindes die geleentheid gebied om voor te gee dat die ZAR aggressief teen die swart bevolking optree, en boonop nie die swartes binne sy eie grense in toom kon hou nie.
Shepstone het op 22 Januarie 1877 met 25 berede polisiemanne en agt amptenare in Pretoria as afgevaardigdes van die Britse koningin aangekom om sekere griewe met president Burgers te bespreek. Hulle het die ware doel van hul besoek verberg en is vriendelik verwelkom. Gedurende die samesprekings oor die griewe, wat almal oordrewe was, het Shepstone sy ware oogmerk duidelik gemaak. Op 11 April 1877 het Burgers formeel teen die anneksasie protesteer, maar die volgende dag het Shepstone voortgegaan om die ZAR as Britse gebied te annekseer.

Die ZAR se Volksraad het in Desember 1880 vergader en ’n krygswet is afgekondig en die eerste skote van die Eerste Vryheidsoorlog is afgevuur. Op 27 Februarie 1881 het die Boeremagte die Engelse oortuigend by Amajuba verslaan. Danksy hierdie veldslag het die ZAR weer sy eie onafhanklikheid, onder sekere voorwaardes, van die Britse Koninkryk terug verkry.

Cooper skryf in sy magisterverhandeling die volgende oor die werksaamhede van die Vrymesselaarslosies ten tye van hierdie Eerste Vryheidsoorlog in die ZAR:
At the start of 1879 the Nederlandse Constitutie had three lodges in the Transvaal: Aurora Loge at Pretoria, Flaming Star at Potchefstroom and Orange Lodge at Rustenburg.
The English Constitution had one lodge, the Transvaal Lodge at Pretoria, founded in 1878. This lodge apparently continued working even during the 89-day blockade of Pretoria in 1880–1881.
In Cape Town, where the war had hardly been felt, attempts were made by the Dutch Provincial Grand Lodge to form an inter-constitutional education fund to help widows, children and orphans of masons.
Informal meetings between English and Dutch [Afrikaanssprekende] Masonic authorities were held at the instigation of a Dutch mason, ML Klisser, in 1880, but the first formal meeting in August 1881 was never held as the English District Grand Lodge representatives earlier resigned en bloc, leaving Klisser “insulted and disgusted” at their action.

Die troebel verhouding tussen Boer en Brit is egter gou oorskadu deur die ekonomiese sorge wat voortgespruit het uit depressie van 1882 tot 1886. Honderde Vrymesselaars was verplig om te bedank, en tientalle Vrymesselaarslosies het gesluit. JF Marshall, tesourier van die Dutch Provincial Grand Lodge in Kaapstad, skryf gedurende Augustus 1885 in die losie se notuleboek:

Slot
Die Slot som is die Gelofte van Gelofte dag was nie n Gelofte aan die Drie enige God nie en was total en al ‘n Vryemesselaars gebed na die songod van die Vrye messelaars , die Temple wat in die gebed belowe is , is gebou as son god temple genoem die voortrekker monument, vandaar is daar 2 Anglo boereoorlogte geveg in die naam van Vrye messealaars , dit wil se as ons as Christenne of Kinders van die Ware God die dae herdenk en heilige doen ons dit aan die Vryemesselaars songod en bedryf ons afgodery !

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question