Gebed vir Vertroosting

Wanneer ons nie toelaat dat die Heilige Gees ons vertroos na die afsterwe van ‘n geliefde of ‘n verhoudings breek nie ! Dan gaan die liggaam in skok in en veroorsaak Allergie ERNs in die Liggaam ! Om ontslae te raak van die binding in jou lewe het die Here ons twee bruikbare gereedskap stukke gegee. Die Vertroosting Voorskrif gebed en vertroostings musiek. Ek moes self die gebed bid voor ek met my gediening begin het ! Ek het 3 dae gesukkel om die gebed te bid weens die Trane maar met die hulp van die gebed en Musiek het die Heilige Gees my volkome vertroos en my allergie was automaties weg ! Hier aangeheg beide

Broken Heart Healing Mix due to Death in the Family – Jesus Hold my Hand – Jimmy Swaggart Instrumental

Gebed vir Jou vir Vertroosting. Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
God is die Skepper van jou Hart, Jesus is die Geneesheer van jou
hartseer, en die Heilige Gees jou vertrooster.
En hul is nou hier.

Die gebed kan saam met Bybel boek merke gebruik , plaas n boekmerk by die betrokke
Bybel vers wat die gebed letter verteenwoordig,
Sodra jy die manifestasie doen “Ek neem dit” plaas die oop Bybel
teen jou Hart, soos u, u geliefde sou vas druk teen u bors.
Beweeg dan aan na die volgende gebed letter.
Verwag emosie en trane, maar verwag ook genesing en vertroosting

VOORSKRIF GEBED VIR VERTROOSTING

Bid die gebed hardop vir jouself, wanneer hartseer en verlange intree. Die
gebed mag afgelees word. En elke keer as u die aksies doen,”Ek neem dit”,
maak die Bybel oop by die skrif gedeelte betrokke en druk dit stuif teen u
bors vas soos u, u geliefde so vas druk. laat God se woorde diep indring in
jou gebroke hart vir totale genesing. Die baie kragtige gebed sal net ’n
paar minute neem. Trane en emosie moet verwag word, maar verwag ook
vrede en genesing.

Die Gebed.

Here ek kom om te skuil onder U Vlerk van vertroosting. In die
Liefdevolle en genesende naam van Jesus Christus U seun. Ek bevestig
my geloof in U ,die Skepper van my hart, siel en gees. U wat my liggaam,
gees en verstand beter ken as enige mens. Ek glo in die genesings krag
van die Bloed van Jesus wat tans oor my gebroke hart vloei, en ek glo in
die vertroosting krag van U Heilige Gees.

Here, ek bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra U ook vir U
vergifnis vir my sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“Gee U woord lewe vir die wat dit vind en genesing vir my Hart, gees en
verstand”

En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U woord lewend en kragtig en dring my liggame, gees en verstand
binne soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in my gebroke hart ”

en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Hartseer onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Jesus het ons losgekoop/vrygekoop van die vloek van die wet”
Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen
bekommernis oor niks, maar laat ek na U kan kom in gebed met geloof en
Bid oor Alles!

Met die bevestiging neem ek U voorskrif medikasie ,voorgeskryf deur U
vir volkome vertroosting en genesing van ’n gebroke Hart en hartseer.

# Here ek neem. – V – Johannes 15 verse 1 tot 17
Jesus U is my Vriend, U staan by my in tye van Nood en Hartseer.
Ek neem dit, Ek ondervind dit, Ek glo dit, Dankie vir U Vriendskap.

# Here ek neem. – E – Jeremia 8 vers 18
Here, ek het gedink my hartseer is te groot vir vertroosting en genesing.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir U vertroosting.

# Here ek neem. – R – Psalm 121
My Hulp is van U Here, U is die skaduwee rondom my.
Ek neem dit, Ek sien dit, Ek glo dit, Dankie Heer.

# Here ek neem. – T – Predikers 4 vers 1
Here, U sien my trane, U vertroos my alreeds.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die trane.

# Here ek neem. – R – Jesaja 41 vers 10
Here, U versterk my, ek sal nie vrees nie.
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir die krag.

# Here ek neem. – O – Psalm 46
Here, U is my toevlug, my beskerming, my hulp!
Ek neem dit, Ek ondervind dit, Ek glo dit, Dankie vir U hulp.

# Here ek neem. – O – Psalm 61 verse 4 & 5
Here, ek sal bly in U veiligheid en skuil onder U Vlerk.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die veiligheid.

# Here ek neem. – S – Jesaja 38 verse 1 tot 8
Here, as U my trane sien, vertroos U dadelik.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir U vertroosting.

# Here ek neem. – T– Johannes 20 verse 19 tot 25
Here, U is my vrede, U is die een wat my Troos.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir U vrede.

# Here ek neem. – I – Psalm 23 verse 1 tot 6
Here U is my Herder, U sal my lei na waters waar rus is.
Ek neem dit, Ek volg U, Ek glo dit, Dankie vir die rus.

# Here ek neem. – N – Markus 14 vers 26
U gee my ’n vreugdes lied in die duisternis.
Ek neem dit, Ek sing dit, Ek glo dit, Dankie vir die lied.

# Here ek neem. – G – Johannes 14 verse 16 tot 18
Vader U Gees is my vertrooster, Hy vertroos my.
Ek neem dit, Ek voel dit, Ek glo dit, Dankie vir die VERTROOSTING.

Here U Gees onderskep my hartseer en pyn en neem dit reguit na U op U
Troon. Here U onderskep my skok en staan nou langs my, U sal my nooit
teleurstel nie! U verander my woede in vrede. U verander my
benoudheid in vreugde. U gee my nuwe krag en ek voel nie meer
uitgeput nie!

U sal self die trane van my wang kom vee. Here ek gaan nie probeer om
sterk te wees nie, want as ek sterk voorkom. Kan U my nie ten volle
vertroos nie!

Here, U ken alle tale van die Wêreld, maar daar is een taal wat U beter
ken. En dit is die taal van Hartseer en Trane.

Dankie vir U vertroosting!

Here, U verander my hartseer in vrede, My Trane in vreugde, U maak alle
blydskap in my los, en U maak ook al die krag en mag van U kruis los oor
my lewe, Jesus.

Here stort U seëninge oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my
onder U beskerming en wees met my in alles wat ek doen, weer hou
enige onheil van my, sodat geen smarte my sal tref nie. Here hoor
asseblief my nederig gebed U.

Here, ek prys U naam vir, U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag
en U Majesteit.

Here U is “Jehovah Nissi ” Die God, my Beskermheer.

Here U is“ Jehovah Rapha” Die God, my Geneesheer.

Here U is“ Jehovah Shammah” Die God, by my altyd.

Here U is“ Jehovah Shalom” Die God, my vrede.

Dankie vir U liefde, U vrede, U vertroosting, ek sal aan ander getuig van u
voorsiening krag. Laat U wil in my lewe geskied, o Vader. Ek vra dit nie
uit verdienste of uit gewoonte nie, maar net deur U genade alleen.

Amen en Amen
Gebed Geskryf Deur Pastoor Dirk

Wanneer ons nie toelaat dat die Heilige Gees ons vertroos na die afsterwe van ‘n geliefde of ‘n verhoudings breek nie ! Dan gaan die liggaam in skok in en veroorsaak Allergie ERNs in die Liggaam ! Om ontslae te raak van die binding in jou lewe het die Here ons twee bruikbare gereedskap stukke gegee. Die Vertroosting Voorskrif gebed en vertroostings musiek. Ek moes self die gebed bid voor ek met my gediening begin het ! Ek het 3 dae gesukkel om die gebed te bid weens die Trane maar met die hulp van die gebed en Musiek het die Heilige Gees my volkome vertroos en my allergie was automaties weg ! Hier aangeheg beide

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question