Gebed vir Genesing

Gebed Vir Genesing.

Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

Bid daagliks, of so gereeld as benodig.
Die gebed kan geneem of gegee word. Bid hardop vir uself of die
geliefde in u lewe wat genesing benodig. Neem of gee die skrif
gedeeltes as medikasie. Die neem of gee van vloeistof is sielkundig
van aard en die woord van God genees diep binne in die liggaam,
siel en gees.

Bid die gebed eenmalig per dag as die siekte of besering nie so
ernstig van aard is nie. In die oggend en aand as die siekte of
besering meer ernstig is. En elke 4 ure as dit lewens gevaarlik is. Elke
4 ure soos u moderne medikasie so en tans neem.

Neem ’n slukkie water, vrugtesap, of warm drankie, elke keer as u
die aksie van manifestasie doen “ek neem/gee dit.” Dit kan saam
met die pasiënt se huidige medikasie geneem word. Of apart . maar
as u ten volle op God wil vertrou word die Skrifgedeeltes op sig self
medikasie.

Die siel voed dan die gees en ook die liggaam – sielkundig en met
Goddelike genesing.

Laat toe dat die Drie-eenheid Genesings Span uit die Hemel jou kom
genees. Hoor nou Jesus se stem: “Word Gesond”
As die pasiënt te swak is om die vloeistof self te neem, kan dit per
lepel of per inspuiting sonder naald ingegee word net ’n paar.
Druppels op die lippe. Die pasiënt is bewus daarvan al reageer hul
dalk nie.

Van af: Die Spesialiste uit die Hemel en in jou!

VOORSKRIF GEBED VIR GENESING

Bid die gebed daagliks hard op by jouself, Die gebed mag afgelees word.
Bid in die oggend en die aand totdat genesing ontvang is, beweeg dan na
die Voorskrif gebed vir voorsorg teen siektes en beserings. Kan ook elke 4
ure gebid word, soos wat u moderne medikasie so neem, in meer ernstige
gevalle. Manifesteer die aksies, deur om ’n slukkie water of vrugtesap te
neem. As u die gebed manifesteer in geloof ”Ek neem dit” Die baie kragtige
gebed sal net ’n paar minute neem om te bid.

DIE GEBED.

Here. Ek kom na U Hemelse Mediese Spreek kamers in die wonderlike
en genesende naam van Jesus Christus U Seun. Ek bevestig my geloof in
U, my Skepper. U wat my liggaam, gees en verstand beter ken as enige
mens. Ek bevestig ook my geloof in Jesus,”Die Groot Geneesheer” en die
vertroosting en leierskap krag van U Heilige Gees.

Here, ek bevestig dat ek my skuldenaars vergewe het, en vra ook nou U
vergifnis vir my sondes.
Here volgens U woord (Die Bybel) in Spreuke 4 vers 20 tot 22
“U woord is lewend vir die wat dit vind en genesing vir my hele
liggaam, gees en verstand”

En volgens Hebreërs 4 vers 12.
“Is U word lewend en kragtig en dring my liggaam, gees en verstand binne
soos ’n skerp mes en genees diep tot binne in my been murg en gewrigte”
en volgens Deuternomium 28 vers 22
”is Siekte en beserings onder die vloek van die wet”
Maar Here, Volgens Galasiërs 3 vers 13
“Het Jesus het my los gekoop van die vloek van die wet”

Met die bevestiging neem ek nou U voorskrif medikasie ,voor geskryf
deur U, vir volkome genesing van my liggaam, gees en verstand.

# Here ek neem. – W – Exodus 15 vers 26
“U is die God wat my gesond maak.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – O– 1 Konings 8 vers 56
“God U gaan my ’n pynlose rus gee.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir die rus.

# Here ek neem. – R – Psalm 103 vers 1 tot 5
“U kan my ten volle genees van siektes.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – D – Jesaja 41 vers 10
“U se, moenie vrees nie, Ek versterk jou.”
Ek neem dit, Ek vrees nie meer, Ek glo dit, Dankie vir die krag.

# Here ek neem. – G – Jeremia 1 vers 12
“God, U is die een wat my genesing volbring.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – E –Jeremia 17 vers 14
“U maak my gesond, dankie daarvoor.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir die genesing.

# Here ek neem. – S – Markus 21 vers 21 tot 22
“Here U se, alles is moontlik vir die wat glo”
Ek neem dit, Ek sien dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – O – 1 Petrus 2 vers 24
“Jesus deur U wonde is daar vir my genesing gekom en deur U bloed is
daar vir my beskerming.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie vir U bloed.

# Here ek neem. – N– Spreuke 4 vers 20 tot 24
“Die verse bring lewe en genesing vir my hele liggaam.”
Ek neem dit, Ek ontvang dit, Ek glo dit, Dankie Here.

# Here ek neem. – D– Mattheus 8 vers 2 en 3
“Jesus, ek hoor nou U stem en woorde. WORD GESOND”.
Ek neem dit, Ek hoor dit, Ek glo dit, Dankie Here.

Here dankie vir die genesing in die kragtige naam van Jesus. My hele
liggaam word nou gesalf in U bloed, volgens Jesaja 53 vers 4 en 5.
“ het U wonde my totaal en al genees” dankie vir die pynlose rus.
Here, stort U seëninge oor my uit, en wees met my in alles wat ek doen,
vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming. En weerhou
enige onheil van my, sodat geen smarte my sal tref nie.

Here, ek prys U vir U almag en U oorwinnings, ek loof U vir U krag en U
Majesteit.

Here U is “Jehova Nissi” Die God, my Beskermheer.

Here U is “Jehova Rapha” Die God, my Geneesheer.

Dankie vir U liefde, U my genesende drie-enige Godheid uit die Hemel, en
ek sal aan ander getuig van U genesings krag. Laat U wil geskied in my
lewe. Here ek bid dit nie uit gewoonte of uit verdienste nie, maar slegs
deur U genade alleen.

Amen en Amen

Op konsultasie vanaf die Hemelse Mediese Spreek kamers. Vanaf God die
Vader, Die Seun Jesus en die Heilige Gees, Die gebed is geskryf en gesalf
vir jou deur Pastoor Dirk en Geinspireer deur die Heilige Gees.

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question