Die Krag Gebed

Die Krag gebed.

Neem in Hoop, met Geloof en in Liefde.
Bid met oorgawe hardop by uself!

DIE GEBED

Here ek kom na U, in die Wonderlike en genesende naam
van Jesus Christus U Seun.
Vergewe asseblief al my sondes, net soos ek ook my sondaars vergewe het.
Here, stort U seëninge oor my uit!

Vergroot my grondgebied!
Neem my en my familie onder U beskerming!
Wees met ons in alles wat ons doen!
Hou ons weg van enige onheil!
Sodat geen smarte ons sal tref nie!
Here, ek breek elke aktiwiteit van die Okkulte oor my lewe!
Ek breek elke familie vloek oor ons!

Ek bind elke mag, besoedeling, plan of strategie wat Satan en sy volgelinge oor ons lewe het op die oomblik!
Ek bind en breek dit in die magtige krag van Jesus se Bloed!
Dit het geen meer mag oor ons nie!

Here gee my vandag net my daaglikse brood, en bou in my, geen bekommernis
oor niks, maar laat ek na U toe kom in gebed met geloof en Bid oor Alles!
Ek aanbid U naam, want U IS! “Jehovah Nissi” Die God, my Beskermheer! U IS!
“Jehovah Shammah” Die God, met my! U IS! “Jehovah Rafha” Die God, my
Geneesheer!

Ek sal getuig aan ander, van U seëninge aan my!
Ek dank U my drie enige Godheid uit die Hemel en ook in my!

Amen en Amen

Geskryf Deur Pastoor Dirk , Geinspireer deur die Heilige Gees.

Contact TruLight Radio XM

We would love to receive your Comment or Question